Jou verhouding met Christus episode artwork

EPISODE · Dec 11, 2024 · 2 MIN

Jou verhouding met Christus

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Johannes 3:4-6 Elkeen wat aanhou sonde doen, doen ook wat teen die wet is, want sonde is wetteloosheid. Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie. Elkeen wat in ’n hegte verhouding met Hom leef, hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie ’n begrip van Hom nie. (NLV) Dit kan soms amper onmoontlik lyk om 'n ou kop op jong skouers te sit; om die wysheid van ervaring aan ons jongmense oor te dra op 'n manier wat hulle geredelik kan aanvaar.Ek onthou vandag nog so baie van die dinge wat my ouers my probeer leer het; dinge wat ek as totaal onbelangrik en lastig beskou het. Hulle moes dit dikwels maar vir my indril! Eenvoudige dinge soos om my hare te kam voordat ek uit my kamer kom vir ontbyt; om nie terug te praat nie; om my kamer op te ruim … ja, ek het steen en been gekla en allerhande verskonings uitgedink om my pligte te probeer omseil. Maar nou wanneer ek terugkyk, kan ek duidelik sien hoe hulle volharding die moeite werd was. Hulle het op die ou end gewen! Daardie dinge wat so onnodig gelyk het, wat so irrelevant vir 'n tiener was, het oor en oor in my lewe vrugte afgewerp.Op dieselfde manier verwerp baie mense vandag die oënskynlik outydse, irrelevante idee van ‘sonde’. Noem net daardie ou klein woordjie daar buite en mense sal hewig eksepsie neem. Hoe durf jy my oordeel? Hoe durf jy probeer om jou verouderde oortuigings op my af te dwing?Wel, ek probeer niks op enigiemand afdwing nie. Ek wil net die Woord van God met jou deel. Kyk, dis duidelik en ononderhandelbaar:1 Johannes 3:4-6 Elkeen wat aanhou sonde doen, doen ook wat teen die wet is, want sonde is wetteloosheid. Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie. Elkeen wat in ’n hegte verhouding met Hom leef, hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie ’n begrip van Hom nie. (NLV)Wie jy ook al is, waar jy ook al is, neem asseblief sonde ernstig op.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 11, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Johannes 3:4-6 Elkeen wat aanhou sonde doen, doen ook wat teen die wet is, want sonde is wetteloosheid. Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie. Elkeen wat in ’n hegte verhouding met Hom leef, hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie ’n begrip van Hom nie. (NLV) Dit kan soms amper onmoontlik lyk om 'n ou kop op jong skouers te sit; om die wysheid van ervarin...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Jou verhouding met Christus

0:00 2:50

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 11, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!