Jou Voorbedagte Plan om te Sondig episode artwork

EPISODE · Apr 21, 2024 · 3 MIN

Jou Voorbedagte Plan om te Sondig

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? Elkeen van ons het so een swakheid, daardie één ou krakie in ons wapenrusting, daardie één ou sondetjie … wat gereeld terugkom om by ons te spook om ons geloofsreis te ontspoor. Jy weet waarskynlik reeds wat joune is.Ek weet beslis wat myne is. Maar weet jy wat die dinamiek is, wat geneig is om homself af te speel wanneer daardie een spesifieke versoeking oor ons pad kom? Ons probeer dit vir 'n rukkie onderdruk en weerstaan, maar daardie versoeking om te skinder; daardie versoeking om so ‘n bietjie oneerlik te wees; daardie versoeking. … wat dit ook al mag wees, word sterker en sterker. Ag, en dan onthou jy skielik dat dit nie regtig saak maak nie, God gaan jou tog vergewe omdat jy in Jesus glo en net daar gee jy jouself sommer op die daad –‘n kom-uit-die-tronk-vrykaart! Dan doen jy dit! Jy het dus met voorbedagte rade besluit om toe te gee aan die versoeking. Klink dit bekend?Nee wag, kom ons kyk wat sê God se Woord:Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?Dit is 'n retoriese vraag, ingeval jy wonder. Hoe kan jy aanhou met jou sonde? Is dit wat God hier deur die apostel Paulus vir ons vra? Hoe kan jy, ná alles wat Ek vir jou gedoen het, deur Jesus aan die Kruis vir jou te laat sterf? Hoe kan jy dink jou gedrag is aanvaarbaar?Die genade van God in Jesus Christus is nie 'n vrypas om aan te hou sondig nie. Dit is nie ons lisensie om weer en weer aan daardie selfde versoeking toe te gee nie. Nee, ek bid dat die volgende keer wanneer jy daarop reken om jouself nog 'n voorbedagte vrypas vir sonde te gee, dat die Heilige Gees jou aan God se vraag sal herinner:Hoe kan jy?Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 21, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? Elkeen van ons het so een swakheid, daardie één ou krakie in ons wapenrusting, daardie één ou sondetjie … wat gereeld terugkom om by ons te spook om ons geloofsreis te ontspoor. Jy weet waarskynlik reeds wat joune is. Ek weet beslis wat myne is. Maar weet jy wat die dinamiek is, wat geneig is om hom...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Jou Voorbedagte Plan om te Sondig

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 21, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!