Jou Vriende Beïnvloed Jou Denke episode artwork

EPISODE · Feb 23, 2026 · 3 MIN

Jou Vriende Beïnvloed Jou Denke

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHandelinge 2:41-42 Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg. Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. Wie is die mense met wie jy assosieer; jou vriendekring; diegene wat ‘n invloed het op hoe jy leef, hoe jy dink en wat jy glo? Wie is hulle en watter impak het hulle op jou lewe?In die 5de eeu v.C. was daar ‘n aantreklike, begaafde, goeie en invloedryke man, Alcibiades, wat onder die bekende Sokrates gestudeer het. Hy het geweldige potensiaal gehad en in ‘n briljante staatsman en generaal ontwikkel. Ja, hy het alles in sy guns gehad om 'n suksesvolle lewe te lei. Maar hy het in die politieke kringe met ambisieuse, roekelose mense te doen gekry. Hy wou mag hê en die belangrike mense se goedkeuring wegdra. Dit het hom tot verraad gelei. Alhoewel hy eens bewonder is, het hy kompromieë met twyfelagtige bondgenote aangegaan en dit het uiteindelik tot sy ondergang gelei en hom sy reputasie gekos. Die verkeerde geselskap het die wysheid wat Sokrates hom probeer leer het, uitgewis.En dis 'n scenario wat ons al so dikwels in die geskiedenis gesien het. Goeie mense word deur slegte geselskap vernietig. Maar die teenoorgestelde is ook waar. Ons lees van die vroeë kerk uit die 1ste eeu n.C. in:Handelinge 2:41-42 Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg. Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.Hierdie geesvervulde groep se radikale liefde het daagliks mense aangetrek. God het hul karakter deur hul gemeenskap gevorm, en hulle het die wêreld verander. Die waarheid is dat jou vriendekring jou gesindheid teenoor die lewe positief of negatief beïnvloed. Die mense met wie jy omgaan, is uiteindelik wie jy sal word. Kuier dus saam met die regte mense.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 23, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Handelinge 2:41-42 Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg. Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. Wie is die mense met wie jy assosieer; jou vriendekring; diegene wat ‘n invloed het op hoe jy leef, hoe jy dink en wat jy glo? Wie is hulle en watter impak het hulle op jou lewe? In d...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Jou Vriende Beïnvloed Jou Denke

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 23, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!