Juig en Treur episode artwork

EPISODE · Jan 31, 2024 · 3 MIN

Juig en Treur

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 12:15 Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. (NLV) Hier is ontstellende navorsingsdata. Ons sal gemiddeld byna 17 jaar van ons lewens met ons neuse in ons selfone deurbring. Dit is 145 800 uur of 33% van ons wakker ure. Dit is ontstellend en laat jou kop duisel.Kom ons kyk net weer na daardie syfers. Oor 'n 24 uur periode gaan ons, kom ons sê, agt uur slaap. Dit laat ons met 16 wakker ure. As ons die helfte van hulle vir vyf dae per week by die werk deurbring en 'n derde van hulle op ons fone, laat dit bitter min ure per dag vir al die ander dinge oor. Beslis nie veel nie!Wat doen dit aan ons verhoudings? Wat doen dit aan jou verhoudings? Huwelike val uitmekaar. Kinders word afgeskeep. Diepgewortelde sielkundige en sosiale probleme versprei soos 'n wêreldwye pandemie. Dit is 'n somber prentjie.Wat kan ons doen om daardie siklus te breek? Kom ons pas 'n paar pre-tegnologie, outydse, Bybelse, goddelike wyshede op hierdie desperate sosiale siekte toe:Romeine 12:15 Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. (NLV)Met ander woorde, maak die tyd, gee jouself die emosionele ruimte, om empatie te toon. Stop. Vier jy werklik jou kind se oorwinning op die sportveld, of 'n mylpaal in ballet? Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is.En wanneer iemand swaarkry, ly in jou hart saam met hulle. Wees by hulle, sit by hulle en huil soms saam met hulle.Empatie, om 'n ander persoon se vreugde of pyn te voel, is ongelooflik kragtig. Dit is 'n brug tussen twee mense wat vir 'n leeftyd sterk sal staan. Dit is 'n brug tussen twee mense waaroor Jesus, so dikwels, kies om oor te loop.Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 31, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 12:15 Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. (NLV) Hier is ontstellende navorsingsdata. Ons sal gemiddeld byna 17 jaar van ons lewens met ons neuse in ons selfone deurbring. Dit is 145 800 uur of 33% van ons wakker ure. Dit is ontstellend en laat jou kop duisel. Kom ons kyk net weer na daardie syfers. Oor 'n 24 uur periode gaan ons, kom ons sê, agt uur slaap. Dit laat ons met 16 wakker ure. As ons die helfte van hulle...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Juig en Treur

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 31, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!