EPISODE · Jul 8, 2026 · 2 MIN
Julie Nuusbrief 1
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan MailGoeiedag al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir Julie. Ek kan skaars wag om vandag ‘n wonderlike getuienis - ‘n storie van God se genade wat my diep geraak het - met jou te deel. Sarie Greeff, een van ons intekenaars, vertel: Jare gelede is ek verlam as gevolg van 'n virus wat ek opgedoen het. Volgens die mediese span was daar geen hoop vir my nie. Ek het in 'n Johannesburgse hospitaal gelê — ek was op sterwe. Ek het vier maande lank in die intensiewe-sorgeenheid deurgebring. Toe ons mediese fonds opgeraak het, moes ons 'n baie moeilike besluit neem. In geloof het ons besluit om die hospitaal op eie risiko te verlaat. Die neuroloog se laaste woorde was: "Sy sal net 24 uur leef." Maar God is goed - en groter as enige mediese vonnis. Jesus het my aangeraak nadat daar vir my gebid is. Daardie 24 uur is nou 46 jaar later. Ek loop. Ek doen alles self. En dit is die werk van ons Vader — die Een wat nog nooit verander het nie, en nooit sal verander nie. Hebreërs 11:1 sê: Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. o Baie dankie aan almal wat gereeld van hulle laat hoor! Ons lees elke boodskap en waardeer elke “Amen” en “Halleluja” – dit beteken dat julle die boodskappe betekenisvol vind.o Deur julle getroue bydraes bereik ons daagliks duisende mense met VARS-boodskappe. So word VARS ook jou bediening. Laat weet ons by die skakel in die teks: Wat is die grootste uitdaging wat jy daagliks in die gesig staar? Want Galasiërs 6:2 sê: Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. o Sê ook saam met ons vir die Here dankie vir die vreedsame verloop van die betogings teen ongedokumenteerde buitelanders. En vir die Suid-Afrikaners wat soos een man in gebed saamgestaan het! Seënwense en mooi loop.Van Jokkie, Annelie en die VARS-span.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
What this episode covers
Send us Fan Mail Goeiedag al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir Julie. Ek kan skaars wag om vandag ‘n wonderlike getuienis - ‘n storie van God se genade wat my diep geraak het - met jou te deel. Sarie Greeff, een van ons intekenaars, vertel: Jare gelede is ek verlam as gevolg van 'n virus wat ek opgedoen het. Volgens die mediese span was daar geen hoop vir my nie. Ek het in 'n Johannesburgse hospitaal gelê — ek was op ...
NOW PLAYING
Julie Nuusbrief 1
No transcript for this episode yet