Julie Nuusbrief 2 episode artwork

EPISODE · Jul 22, 2026 · 2 MIN

Julie Nuusbrief 2

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGoeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Julie. Ons is altyd baie nuuskierig om te hoor wat Jesus vir julle sê deur die VARS boodskappe en wat as gevolg daarvan verander, maar vandag wil ek, Jokkie, graag met julle deel hoe dit ook my lewe aanraak.Die boodskappe wat op die sesde en sewende Julie 2026 uitgesaai is het ons saam met die res van daardie week se boodskappe op die sewe-en-twintigste Maart opgeneem. Daar was ‘n stelling in die eerste boodskap wat my diep getref het naamlik: Gehoorsaamheid is die hoogste vorm van aanbidding.‘n Paar minute later was die tema van die volgende boodskap: Uitstel is altyd ‘n opsie en ons is so geneig om goeie redes te vind om uit te stel.Ek het al vir ‘n baie lang tyd die oortuiging dat ek ‘n boek moet skryf oor die dinge wat die Here my geleer het, en wat my lewe radikaal verander het, maar daar is altyd iets wat keer. Maar op die 27e Maart het ek beleef dat die Here hierdie saak direk aanspreek deur daardie twee stellings. Ek het besef dat daar nou geen verskonings meer is nie en dat ek net moet gehoorsaam. Ek is nie klaar nie, maar die goeie nuus is dat ek al meer as 100 bladsye geskryf het – sowat 42 000 woorde. Daar is nou nie meer kans vir omdraai nie.Dit herinner my aan die versie in Jesaja 55 vers 11:So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.Laat weet ons asseblief by die skakel in die teks wat die Here ook vir jou deur die VARS boodskappe gesê het en wat die impak daarvan was.En onthou, deur julle getroue bydraes bereik ons daagliks duisende mense met hierdie VARS-boodskappe en so word VARS ook deel van jou bediening.Seënwense en mooi loop. Van Jokkie, Annelie en die VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 22, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Goeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Julie. Ons is altyd baie nuuskierig om te hoor wat Jesus vir julle sê deur die VARS boodskappe en wat as gevolg daarvan verander, maar vandag wil ek, Jokkie, graag met julle deel hoe dit ook my lewe aanraak. Die boodskappe wat op die sesde en sewende Julie 2026 uitgesaai is het ons saam met die res van daardie week se boodskappe op die sewe-en-twintigste Maart opgeneem. D...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Julie Nuusbrief 2

0:00 2:25

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 22, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!