Jy is Geseënd episode artwork

EPISODE · Jul 25, 2024 · 2 MIN

Jy is Geseënd

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Korintiërs 1:4-6 Ek sê voortdurend vir God dankie vir julle, want Hy het julle, omdat julle met Christus Jesus verenig is, met genade oorlaai. Deur Hom het God julle in elke opsig ryk gemaak – ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis. Op hierdie manier is my boodskap aangaande Christus onder julle bevestig. (NLV) Kom ons wees eerlik. Daar is tye wanneer nie elke dag Krismis is nie … nee, glad nie. Dit gaan so goed met ander mense. Dit lyk asof ander mense geseënd is: in hul lewens, hul huwelike, hul finansies, wat ook al... Maar ek? Ag nee, dis net ek wat sukkel!Ja, ons is almal net mense! Partykeer verval ons in ‘n warboel van negatiewe emosies. Dit is net natuurlik om sommige dae bek-af te wees. Dit is seker toelaatbaar; tensy dit te lank aanhou. Tensy ons gedurig lyk asof die honde ons kos afgevat het, en as ons mistroostig daar rondslof en grom vir diegene om ons. Daar gebeur nooit ooit iets goeds met my nie!Wanneer jy in daardie gemoedstoestand verval, is dit gewoonlik omdat omstandighede soos 'n donker wolk oor jou neergedaal het. Ja my vriend, ‘n digte mis moes op jou toegesak het en die son, wat in werklikheid nog steeds skyn, verberg het!So, miskien is dit vandag dalk die dag om die waarheid te hoor; om ons koppe op te tel en na die Lig, wat altyd daar is vir ons en deur elke situasie skyn, te kyk.1 Korintiërs 1:4-6 Ek sê voortdurend vir God dankie vir julle, want Hy het julle, omdat julle met Christus Jesus verenig is, met genade oorlaai. Deur Hom het God julle in elke opsig ryk gemaak – ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis. Op hierdie manier is my boodskap aangaande Christus onder julle bevestig. (NLV)Indien jy jou vertroue in Hom gestel het, kan jy verseker weet dat God se genade vir jou nooit wankel nie. Dit verflou nooit nie. Dit is nie vandag hier, terwyl dit goed gaan en môre weg, wanneer dit sleg gaan nie.En in Hom is jy in alle opsigte geseën. In watter opsigte? In elke opsig van jou menswees; ...ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis... in elke opsig.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 25, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:4-6 Ek sê voortdurend vir God dankie vir julle, want Hy het julle, omdat julle met Christus Jesus verenig is, met genade oorlaai. Deur Hom het God julle in elke opsig ryk gemaak – ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis. Op hierdie manier is my boodskap aangaande Christus onder julle bevestig. (NLV) Kom ons wees eerlik. Daar is tye wanneer nie elke dag Krismis is nie … nee, glad nie. Dit gaan so goed met ander mense. Dit lyk asof ander mense geseënd is...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Jy is Geseënd

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 25, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!