Jy is Geskape vir die Oorwinning episode artwork

EPISODE · Sep 1, 2024 · 3 MIN

Jy is Geskape vir die Oorwinning

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Korintiërs 15:56-58 Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie. In 'n era waar sukses die toppunt van die mens se bestaan geword het, is die idee van 'n oorwinningslewe een wat dikwels misverstaan word. Dit is so maklik om te dink dat oorwinning daaroor gaan om ten alle koste te wen; terwyl God 'n heeltemal ander, 'n goddelike beskouing het van hoe 'n oorwinningslewe werklik behoort te lyk.God se beskouing van hoe ‘n mens in oorwinning lewe, is om die angel van die dood, wat ons eie slegte gedrag en ons eie sonde veroorsaak - beide vir hierdie lewe op aarde en vir die lewe hiernamaals - te oorwin.Wonderlik, maar met die eerste oogopslag klink dit nie naastenby so aantreklik soos om in hierdie lewe in alles wat jy aanpak, suksesvol te wees nie. Ja, dit klink tóg beter om oorwinning oor jou omstandighede te hê; en om al jou probleme vir eens en vir altyd uit jou lewe te vee! Stem jy saam?Maar laat my toe om te verduidelik, deur vanuit God se perspektief na die oorwinningslewe te kyk:1 Korintiërs 15:56,57 Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Dis reg: oorwinning is 'n gawe van God deur Jesus Christus. Deur 'n diep, persoonlike verhouding met Jesus te hê en in gehoorsaamheid aan sy opdragte te lewe, kry ek en jy oorwinning oor ons sonde. Dit gaan nie daaroor om geen probleme in hierdie lewe te hê nie. Jesus het sy dissipels tog belowe – dat ons – ja, dat óns baie probleme gaan hê. Maar deur Jesus Christus kan ons beide in die tydelike en vir ewige die angel van die dood, wat ons eie sonde meebring, oorwin.Dit is soveel beter as wêreldse sukses. My vriend, jy is gemaak om 'n oorwinningslewe te lei – vir vandag en vir alle ewigheid!Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 1, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 15:56-58 Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie. In 'n era waar sukses die toppunt van die mens se bestaan geword het, is die idee van 'n oorwinningslewe e...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Jy is Geskape vir die Oorwinning

0:00 3:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 1, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!