Jy is Uitgekies episode artwork

EPISODE · Jul 23, 2024 · 2 MIN

Jy is Uitgekies

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Korintiërs 1:2 Ons skryf aan die gemeente van God in Korinte, julle vir wie God deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep het om sy eie mense te wees. En verder skryf ons ook aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat Jesus Christus ons Here aanbid. (NLV) Ek wonder hoe dit vir 'n sportman of -vrou moet voel om gekies te word om hul land tydens 'n internasionale kompetisie te verteenwoordig. Die eer, die voorreg... Wonderlik!Miskien is jy gekies om so 'n eer te ontvang, of, soos ek ... miskien nie. Die meeste van ons is slegs bekend aan 'n hegte kring van familie, vriende en kollegas. Ons is maar net ‘n naamlose individu en (laat ons eerlik wees) ons word dikwels geïgnoreer deur Jan en Alleman.Miskien is dit waarom so baie mense na betekenis smag, maar dat min dit ooit vind. Dit is nogal tragies, want wanneer jy met omtrent enigiemand gesels; as jy maar net onder die oppervlak kan kom, ontdek jy 'n wonderlike individu met 'n geskiedenis en 'n agtergrond, wat jou dikwels verstom.Natuurlik het God nie nodig om met ons te praat om dit te ontdek nie. Hy weet dit reeds. En jy is in sy oë, so belangrik; so waardevol dat Hy Jesus gestuur het om vir jou te sterf, sodat jy van nou af tot in alle ewigheid by Hom kan wees.En as dit 'n boodskap is wat by jou aanklank vind; as jy dit met jou hele hart glo, kyk wat Paulus vandag ook vir jou skryf:1 Korintiërs 1:2 Ons skryf aan die gemeente van God in Korinte, julle vir wie God deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep het om sy eie mense te wees. En verder skryf ons ook aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat Jesus Christus ons Here aanbid. (NLV)Het jy dit geweet? Jy is deur Hom gekies om een van sy uitverkorenes te wees; afgesonder vir 'n spesiale doel; om deel van sy familie te wees; om Hom in hierdie verlore en stukkende wêreld te verteenwoordig. My vriend, God het jou deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep om sy eie kind te wees.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 23, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 1:2 Ons skryf aan die gemeente van God in Korinte, julle vir wie God deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep het om sy eie mense te wees. En verder skryf ons ook aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat Jesus Christus ons Here aanbid. (NLV) Ek wonder hoe dit vir 'n sportman of -vrou moet voel om gekies te word om hul land tydens 'n internasionale kompetisie te verteenwoordig. Die eer, die voorreg... Wonderlik! Miskien is jy gekies om so 'n e...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Jy is Uitgekies

0:00 2:53

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 23, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!