Jy Kan Nog steeds Wen episode artwork

EPISODE · Oct 11, 2024 · 3 MIN

Jy Kan Nog steeds Wen

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 17:27,28 Iemand wat kennis het, praat nie baie nie. Iemand met insig bly kalm. Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig. Ek en jy sal moontlik nooit die vinnigste, slimste of suksesvolste persoon in die wêreld wees nie. Maar daar is iets wat vir ons ‘n voordeel bo ander kan gee. Wil jy graag weet wat dit is?Peter Sewell, ’n vriend van my, het onlangs sy storie vir my so vertel: Toe ek 5 jaar oud was, het ek aan ’n pret-resies by my skool deelgeneem. Al die kinders het vir een of ander rede kort voor die lint gestop. Ek het laaste gekom, maar ek het deur die lint gehardloop en die prys gewen. Ek het geluister - ek was net gehoorsaam en ek het die instruksies gevolg.Is dit nie net te oulik nie? Die probleem is, dat baie van ons nie luister nie. As ek kon teruggaan in die verlede, sou ek vir myself sê: Berni, gaan sit, bly stil en luister.Baie mense is geneig om te veel te praat. Ek was self daaraan skuldig; ek het te veel tyd gebruik om te praat en heeltemal te min daarvan om te luister. Ek wil graag vandag hierdie interessante stukkie goddelike wysheid met jou te deel in:Spreuke 17:27,28 Iemand wat kennis het, praat nie baie nie. Iemand met insig bly kalm. Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.Hoe gereeld begin ons net praat, spring ons halsoorkop in, sonder om te luister? Wat God hier vir ons sê, is dat hoe minder ons praat en hoe meer ons luister na wat die ander persoon sê, hoe meer sal ons dinge deur sy oë kan sien. En so sal ons ‘n kans hê om te leer en wyser te word.So baie van ons wil hê God moet dinge in ons lewens verander; maar so min van ons luister ooit na Hom. Jy is dalk nie die vinnigste hardloper op die baan nie. Maar weet jy, jy kan steeds die wedloop wen.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 11, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 17:27,28 Iemand wat kennis het, praat nie baie nie. Iemand met insig bly kalm. Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig. Ek en jy sal moontlik nooit die vinnigste, slimste of suksesvolste persoon in die wêreld wees nie. Maar daar is iets wat vir ons ‘n voordeel bo ander kan gee. Wil jy graag weet wat dit is? Peter Sewell, ’n vriend van my, het onlangs sy storie vir my so vertel: Toe ek 5 jaar ou...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Jy Kan Nog steeds Wen

0:00 3:17

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 11, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!