Kersfees Kom episode artwork

EPISODE · Dec 15, 2024 · 3 MIN

Kersfees Kom

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 7:13,14 Toe het Jesaja gesê: “Luister baie mooi, julle koninklike familie van Dawid! Julle is nie tevrede om my geduld te beproef nie. Nou beproef julle God se geduld ook! Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem. Kan jy dit glo, dis net tien dae voor Kersfees! Tien dae! Wat het van die jaar geword? Waar het die tyd heen gevlieg? Ek dink hoe ouer ons word, hoe meer beleef ons die vinnige verloop van tyd.Eeue voor die geboorte van Jesus in die stal in Betlehem, was Israel, God se uitverkore volk, vir die soveelste keer ongehoorsaam. Hulle het afgewyk daarvan om God te eer en hulle het oorgegaan tot die aanbidding van afgode. Ja, hulle het vergeet Wie hulle uit hul slawerny in Egipte gebring het. Die naam “Israel” beteken inderdaad letterlik “hy worstel met God”.Dwarsdeur die hele Ou Testament sien ons hoe die Israeliete die gevolge van hul rebellie moes dra. Maar dan, te midde van dit alles, bring God 'n wonderlike profesie; 'n hoop op 'n toekoms waar dinge heeltemal anders sal wees.Jesaja 7:13,14 Toe het Jesaja gesê: “Luister baie mooi, julle koninklike familie van Dawid! Julle is nie tevrede om my geduld te beproef nie. Nou beproef julle God se geduld ook! Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem.God verwys hier na 'n toekoms waar Hy nie meer sy mense vir hulle sonde sal straf nie, maar in plaas daarvan sal toelaat dat die straf, wat elkeen van ons verdien, op die skouers van Jesus, sy enigste Seun sal val. Jesus, ons Immanuel, sal sterf om vir ons sonde te betaal.Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem. My vriend, hierdie profesie is bewaarheid. Daardie toekoms het gekom. Dit is hier, nou. Jesus het gekom om jou vry te maak. Daarom vier ons met soveel vreugde Kersfees.Jesus het vir jou gekom.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 15, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 7:13,14 Toe het Jesaja gesê: “Luister baie mooi, julle koninklike familie van Dawid! Julle is nie tevrede om my geduld te beproef nie. Nou beproef julle God se geduld ook! Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem. Kan jy dit glo, dis net tien dae voor Kersfees! Tien dae! Wat het van die jaar geword? Waar het die tyd heen gevlieg? Ek dink hoe ouer ons word, hoe mee...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Kersfees Kom

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 15, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!