Kies die Eerbare Weg episode artwork

EPISODE · Jan 6, 2024 · 2 MIN

Kies die Eerbare Weg

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Daar is deesdae baie dinge wat ons aandag aflei. Sommige van hulle is baie positief. Maar hulle neem bietjie vir bietjie toe en voor jy jou oë uitvee, is jy op 'n glibberige afwaartse glybaan, op pad weg van God af.Ek vertrou dat God jou met genoeg kos, klere, 'n dak oor jou kop en 'n paar liefdevolle verhoudings geseën het. En, ja, bo en behalwe daardie basiese lewensbelangrike dinge, is dit wonderlik om af en toe 'n vermaaklike fliek te kyk, of om jouself vir jou gunsteling sportspan hees te skree, of om 'n bietjie vakansie te hou.Daar is niks verkeerd met enige van daardie dinge nie, totdat ... hulle die belangrikste dinge in ons lewens word. Tot ons meer en meer van hulle wil hê. Totdat hulle ons so ver van God af neem dat ons in ons gedagtes, woorde, dade, in ons hoop, drome en begeertes, vyande van die Kruis word. Hoor hier:Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.Hoe lyk baie mense se lewensreis deesdae? Leef hulle as vyande van die kruis van Christus; voel hulle nooit vervuld nie, nooit tevrede nie en het hulle onbewustelik die weg tot vernietiging gekies?Maar ek en jy is burgers van die hemel. Ons wag vir Jesus se wederkoms. My vriend God het jou geroep om die eerbare weg op jou reis en in jou wandel deur hierdie lewe, te kies. Moenie 'n vyand van die kruis word nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 6, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Daar is deesdae baie dinge wat ons aandag aflei. Sommige van hulle is baie positief. Maar hulle neem bietjie vir bietj...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Kies die Eerbare Weg

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 6, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!