Kies jou Vriende Versigtig episode artwork

EPISODE · Jun 19, 2025 · 2 MIN

Kies jou Vriende Versigtig

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 26:24-25 Iemand wat in sy hart haat en bedrog koester, steek dit weg agter sy woorde. Wanneer so iemand mooi dinge sê, moet jy dit glad nie glo nie. Hy is vol bose bedoelings. (NLV) Het jy geweet dat jy nou 'n KI-vriend kan koop? Kan jy dit glo! 'n Kunsmatige intelligensiemaatskappy, "Replika," sal aan jou, en ek haal aan: ‘n KI-metgesel wat omgee; wat altyd bereid is om te luister en te praat; en wat altyd aan jou kant is, verkoop. Fantasties. Wat kan moontlik verkeerd loop?Aan die eenkant is dit redelik slim, nè? Aan die anderkant, is dit darem vreeslik tragies dat 'n mens 'n rekenaarprogram vir vriendskap moet gebruik! Die beste manier om hierdie "KI-metgesel wat omgee", wat "altyd aan jou kant" is, te beskryf, is 'n valse vriend. Dit is nie ‘n werklike mens nie, dit maak nie saak hoe slim die tegnologie word nie. Maar weet jy, ons hoef nie te wag vir die koms van kunsmatige intelligensie om vals vriende te ontdek nie. Hulle bestaan al van ouds af.Spreuke 26:24-25 Iemand wat in sy hart haat en bedrog koester, steek dit weg agter sy woorde. Wanneer so iemand mooi dinge sê, moet jy dit glad nie glo nie. Hy is vol bose bedoelings. (NLV)Ek wonder nou, wanneer was jy deur 'n vals vriend mislei? Wat was die gevolge daarvan? Is jy gretig om die ervaring te herhaal? Ek glo nie jy is nie! Maar wees versigtig, hulle is steeds daar buite.Vandag is daar ongetwyfeld nog, binne jou vriendekring, kollegas, kennisse en ongelukkig dalk selfs in jou familie, een of twee vals vriende - mense wie se sogenaamde “vriendskap” bloot 'n voorwendsel is om hul eie saak te bevorder; wie se vleiery net dien om hulle bedrog te verbloem. Wees versigtig vir daardie mense. Baie versigtig.Wanneer so iemand mooi dinge sê, moet jy dit glad nie glo nie. Hy is vol bose bedoelings.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 19, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 26:24-25 Iemand wat in sy hart haat en bedrog koester, steek dit weg agter sy woorde. Wanneer so iemand mooi dinge sê, moet jy dit glad nie glo nie. Hy is vol bose bedoelings. (NLV) Het jy geweet dat jy nou 'n KI-vriend kan koop? Kan jy dit glo! 'n Kunsmatige intelligensiemaatskappy, "Replika," sal aan jou, en ek haal aan: ‘n KI-metgesel wat omgee; wat altyd bereid is om te luister en te praat; en wat altyd aan jou kant is, verkoop. Fantasties. Wat kan moontlik ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Kies jou Vriende Versigtig

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 19, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!