Klein in My Hande, Magtig in Syne episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 3 MIN

Klein in My Hande, Magtig in Syne

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 6:7-9 Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.” 'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: “Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?” Kan ‘n mens 'n skare van vyfduisend met twee klein vissies en vyf brode voed? Dit klink belaglik, nie waar nie? Ek bedoel ... wat het Jesus gedink?Gladys Aylward het in Engeland as ‘n bediende gewerk. Sy het min formele opleiding gehad en amper geen geld nie. Sy het die opregte begeerte gehad om sendingwerk in China te gaan doen. Met skaars genoeg geld vir 'n enkelkaartjie, het sy alleen na China vertrek en God vertrou om haar tot sy eer te gebruik.Oor die jare het God hierdie eenvoudige meisietjie op wonderlike wyse geseën met buitengewone invloed. Sy het 'n herberg gestig waar sy die Evangelie gedeel het; sy het 'n kosbare adviseur vir 'n Chinese mandaryn geword; sy het selfs wrede stelsels in die tronke hervorm. Tydens ‘n Japannese inval het sy, ten spyte van die feit dat sy gewond en siek was, meer as ‘n 100 weeskinders op 'n gevaarlike reis van ‘n honderd en sestig kilometer lank, na veiligheid gelei. Wat met 'n nederige vrywilliger in God se hande begin het, het tot 'n reddingsboei vir talle lewens ontwikkel.Maar, kom ons kyk weer na Jesus se verregaande idee om vyfduisend mense te voed ...Johannes 6:7-9 Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.” 'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: “Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?”Maar Jesus het daardie skamele vissies en broodjies geseën ... en die hele skare het geëet. En jy onthou mos, daar was selfs twaalf mandjies vol oor! Net soos in hierdie wonderwerk, het baie mense, gewone mense soos Gladys, geleer dat dit nie jou werk is om die vyfduisend te voed nie. Jou werk is om die vyf brode en twee vissies te bring. Wanneer jy vir God gee wat in jou hande is, kan Hy die werk van ‘n eenvoudige gehoorsame volgeling in 'n wonderwerk verander wat vir geslagte lank sal weergalm.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 6:7-9 Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.” 'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: “Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?” Kan ‘n mens 'n skare van vyfduisend met twee klein vissies en vyf brode voed? Dit klink belaglik, nie waar nie? Ek bedoel ... wat het Jesus gedink? Gladys Ay...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Klein in My Hande, Magtig in Syne

0:00 3:04

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!