Skip to content
Kobus van Rooyen episode artwork

Nov 27, 2020 47 min

Kobus van Rooyen

from Wat de vloekwoord?! Hosted by Gerhard van Huyssteen

Kobus van Rooyen in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Prof. Kobus van Rooyen is een van die prominentse figure in die ontwikkeling van publikasiebeheer in Suid-Afrika. Hy was onder andere vanaf 1980 tot 1990 voorsitter van die Appèlraad oor Publikasies toe boeke soos Magersfontein o Magersfontein! en Kennis van die Aand ontban is. Hy was ook die voorsitter van die komitee wat die nuwe Wet op Films en Publikasies van 1996 geskryf het. Lees ook gerus sy boek A South African censor's tale. Kobus gee in hierdie episode 'n boeiende maar bondige oorsig oorsig oor die ontwikkeling van publikasiebeheer in Suid-Afrika. Hy vertel interessante staaltjies uit die binnekringe van die regering en die mense wat boeke verban en ontban het. Ook besin hy oor wat volgens hom 'n beste aanpak is met betrekking tot die beskerming van kinders. [Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.] NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Episode details come from the podcast's RSS feed.

Embed this episode

Ready to play

Kobus van Rooyen

0:00 47:59

No transcript yet.

Requests help us decide what to transcribe next.

Frequently asked questions

How long is this episode of Wat de vloekwoord?!?

This episode is 47 minutes long.

When was this Wat de vloekwoord?! episode published?

This episode was published on November 27, 2020.

Can I download this Wat de vloekwoord?! episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.