Koersvastheid is Noodsaaklik episode artwork

EPISODE · Jul 19, 2025 · 2 MIN

Koersvastheid is Noodsaaklik

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Korintiërs 15:58 Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd. (NLV) Koersvastheid kan lei tot sukses. Die persoon wat konsekwent sy doel voor oë hou; wat vas staan ten spyte van die druk, die verwarring, die uitputting, die rondomtalie spel van sy emosies, is geïnspireer om suksesvol te wees.Met die Slag van Jutland tydens die Eerste Wêreldoorlog het admiraal David Beatty die Britse aanvalsvloot teen die Duitse vloot gelei. Die feit dat Beatty gedurende die vroeë fases van die geveg gereeld van koers en taktiek verander het, het ‘n groot probleem veroorsaak. Daardie versuim om die vyand aan te val, het gelei tot verwarring, swak kommunikasie en uiteindelik swaar Britse verliese.Ja, dis reg, Beatty se inkonsekwentheid het daardie dag die geleentheid vir 'n beslissende Britse oorwinning, ter see, verspeel.Aan die ander kant van die spektrum het ek onlangs iets gelees wat my regtig baie geïnteresseer het. Dit word, die reël van een honderd genoem. Dit bepaal dat indien jy ‘n honderd uur per jaar aan enige area, byvoorbeeld ‘n studieveld spandeer (wat minder as sewentien minute per dag is) sal jy beter as 95% van die wêreld se mense in daardie area wees. Ek weet nie hoe akkuraat dit is nie, maar dit maak baie sin.So hoe konsekwent is jy, kom ons sê, in jou geloofswandel; in jou pogings om Jesus te volg?1 Korintiërs 15:58 Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd. (NLV)Uitdagings, struikelblokke, uitputting en moedeloosheid sal alles oor jou pad kom as jy Jesus volg waar Hy jou lei. Wees dus sterk. Wy jouself ten volle aan dít waartoe Hy jou ook al geroep het....want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 19, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 15:58 Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd. (NLV) Koersvastheid kan lei tot sukses. Die persoon wat konsekwent sy doel voor oë hou; wat vas staan ten spyte van die druk, die verwarring, die uitputting, die rondomtalie spel van sy emosies, is geïnspireer om suksesvol te wees. Met die Slag van Jutland tydens die ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Koersvastheid is Noodsaaklik

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 19, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!