Koninkryk Kom, Chaos Wyk episode artwork

EPISODE · Apr 20, 2026 · 3 MIN

Koninkryk Kom, Chaos Wyk

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSagaria 14:9 Die Here sal koning wees oor die hele aarde. Op daardie dag sal daar een Here wees en net sy Naam sal aanbid word. (NLV) Alexander Solzhenitsyn is in1945 gevange geneem omdat hy die Russiese diktator, Joseph Stalin, in ‘n privaat brief gekritiseer het. Hy was vir agt jaar lank in Sowjet-kampe aangehou. Die gevangenes het in verskriklike koue en in hongersnood dwangarbeid verrig. Die omstandighede in die kampe was so onmenslik dat hy selfmoord oorweeg het. Tydens daardie traumatiese tyd het Solzhenitsyn bewus geword van sy verlorenheid, diep berou gehad en sy hart vir die Here gegee. Na sy vrylating in 1953 (kort na Stalin se dood) het hy geskryf: Dit was eers toe ek daar op die verrottende strooi in die tronk gelê het, dat ek geleer het dat daar ook vir my hoop is.Sy geloof het hom die moed gegee om te volhard, en ná sy vrylating het sy geskrifte die waarheid oor die Sowjet-onderdrukking blootgelê en miljoene mense beïnvloed.Hopelik sal jy en ek nooit ervaar wat Solzhenitsyn deurgemaak het nie. Maar dit beteken nie dat ons nie reeds deur boosheid omring word nie. Ons leef in ‘n wêreld vol mense wat ander mense onderdruk en skade berokken; ja, en dan is daar natuurlik die wêreldstelsels en die georganiseerde korrupsie wat 'n onberekenbare menslike tol eis. Welkom in die wêreld waarin ons leef!Maar daar is hoop, wonderbaarlike hoop vir die toekoms. Kyk wat is reeds in die Ou Testament geprofeteer: Sagaria 14:9 Die Here sal koning wees oor die hele aarde. Op daardie dag sal daar een Here wees en net sy Naam sal aanbid word. (NLV)Vroeër of later sal hierdie wêreld aan sy einde kom. Miskien volgende Donderdag ... of oor nog 2 000 jaar. Maar dit sál tot 'n einde kom. God sal die lewendes en die dooies oordeel. Jesus sal terugkeer. Hy sal sy regmatige plek as Koning oor die hele aarde inneem.Die Here sal koning oor die hele wêreld wees. Daardie dag sal almal weet dat Hy die enigste God is. Sy Naam sal die enigste Naam wees wat genoem word. Hy sal sy ere plek inneem en oor alles regeer. Dit is die hoop wat ons in Jesus Christus het.En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 20, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Sagaria 14:9 Die Here sal koning wees oor die hele aarde. Op daardie dag sal daar een Here wees en net sy Naam sal aanbid word. (NLV) Alexander Solzhenitsyn is in1945 gevange geneem omdat hy die Russiese diktator, Joseph Stalin, in ‘n privaat brief gekritiseer het. Hy was vir agt jaar lank in Sowjet-kampe aangehou. Die gevangenes het in verskriklike koue en in hongersnood dwangarbeid verrig. Die omstandighede in die kampe was so onmenslik dat hy selfmoord oorweeg het.&n...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Koninkryk Kom, Chaos Wyk

0:00 3:19

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 20, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!