Koninkryke Sal Tot Niet Gaan, Maar... episode artwork

EPISODE · Aug 29, 2025 · 3 MIN

Koninkryke Sal Tot Niet Gaan, Maar...

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 40:6-8 Alle mense is soos gras, alles waarop hulle staatmaak, is soos 'n veldblom: gras verdor en blomme verwelk as die Here sy wind daaroor laat waai.” Dit ís so, die volk is soos gras. Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig. Op 'n stadium in ons lewens droom ons almal seker daarvan om iets groots te bereik en beroemd te word. Dis gewoonlik ons droom wanneer ons jonk en idealisties is, maar dit kan ook later in die lewe wees wat ons dink dat ons ‘n groot impak sal maak. Sommige mense sál inderdaad roemryke dinge doen. Ander nie soseer nie. Maar wat ons ook al in hierdie lewe kan doen, sal oor die algemeen tydelik wees.Die antieke Romeine het akwadukte, een van die merkwaardigste ontwerpe ten opsigte van die infrastruktuur van die antieke wêreld ontwerp. Hierdie massiewe klip-strukture, waarvan party honderde kilometers lank was, is gebou om vars water van verafgeleë bronne na stede regoor die Romeinse Ryk te kanaliseer.Deur 'n kombinasie van verhewe boë en ondergrondse kanale te gebruik, het hulle 'n bestendige voorraad skoon water vir drink, bad en besproeiing verseker. Die gevorderde tegnieke wat in hul konstruksie gebruik is, met die presiese hellings en vernuftige hidrouliese ontwerpe, het Romeinse stede laat floreer.Daardie akwadukte bly ikoniese simbole van Romeinse ingenieursvernuf, waarvan baie vandag nog, ​​as bewys van hul blywende nalatenskap, bestaan.Maar, tragies genoeg, hoe merkwaardig hulle ook al is, eendag sal selfs hulle, tot niet wees.Jesaja 40:6-8 Alle mense is soos gras, alles waarop hulle staatmaak, is soos 'n veldblom: gras verdor en blomme verwelk as die Here sy wind daaroor laat waai.” Dit ís so, die volk is soos gras. Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.Ons leef in 'n tyd waar die Woord van God vir te veel mense irrelevant lyk. En tog ... sal dit vir ewig staan. Maar vandag is die Lewende Water vir almal wat wil kom, beskikbaar om daarvan te drink. Dit bring lewe. Neem dit ernstig op.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 29, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 40:6-8 Alle mense is soos gras, alles waarop hulle staatmaak, is soos 'n veldblom: gras verdor en blomme verwelk as die Here sy wind daaroor laat waai.” Dit ís so, die volk is soos gras. Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig. Op 'n stadium in ons lewens droom ons almal seker daarvan om iets groots te bereik en beroemd te word. Dis gewoonlik ons droom wanneer ons jonk en idealisties is, maar dit kan ook later in die lewe wees wat o...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Koninkryke Sal Tot Niet Gaan, Maar...

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 29, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!