Krag, Liefde, Toevlug episode artwork

EPISODE · Sep 28, 2024 · 2 MIN

Krag, Liefde, Toevlug

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 59:17,18 Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my 'n veilige vesting, 'n skuilplek in tyd van nood. Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God. Weet jy hoe jy soms iemand ontmoet en dit lyk vir jou asof hulle geen probleme het nie? Hulle het die perfekte werk, baie geld en 'n gesin waarvan jy net kan droom.Ek het onlangs met 'n man gesels wat ek al ongeveer twintig jaar lank ken. Nogal 'n lang tyd, nè? Hy is 'n senior regter in die gesinshof. Hy verhoor hoofsaaklik sake wat egskeidings, huwelike en onderhoud raak. Hy het dus heeldag te doen met sake oor huweliksverbrokkeling, egskeiding, toesigreëlings en finansiële skikkings.Hy is 'n eersteklas man; vriendelik en liefdevol en so wys. Ek kan net droom daarvan om soos hy te wees. En tog het hy ook ‘n diep hartseer in sy lewe - sy seun is deur die trauma van ‘n egskeiding.Hoe ouer ek word, hoe meer kom ek tot die gevolgtrekking dat daar nie 'n perfekte gesin op planeet aarde is nie. Alle gesinne het maar groter of kleiner probleme: verwonde en gebroke verhoudings, een of ander soort konflik, een of ander soort verbrokkeling. Dit behoort nie as 'n verrassing te kom nie, maar dit vang ‘n mens onkant, nie waar nie?Het jy al gely? Of ly jy op die oomblik? Hoe dit ook al op die oomblik vir jou lyk, wil ek jou aanmoedig om in daardie situasie vir God toe te laat om diep in jou hart met jou te praat.Psalm 59:16 Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my 'n veilige vesting, 'n skuilplek in tyd van nood. Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God.Hierdie God, jou God, is 'n God van krag en van liefde wat elke oggend nuut is. Hy is die veilige plek waarheen jy kan hardloop. My vriend, Hy is jou krag en jou beskerming, want Hy het jou lief.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 28, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 59:17,18 Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my 'n veilige vesting, 'n skuilplek in tyd van nood. Tot u eer wil ek sing, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God. Weet jy hoe jy soms iemand ontmoet en dit lyk vir jou asof hulle geen probleme het nie? Hulle het die perfekte werk, baie geld en 'n gesin waarvan jy net kan droom. Ek het onlangs met 'n man gesels wat ek al ongeveer twintig jaar lank ken....

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Krag, Liefde, Toevlug

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 28, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!