Krag van Bo episode artwork

EPISODE · Jul 6, 2025 · 3 MIN

Krag van Bo

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHandelinge1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Dit slaan my voete onder my uit wanneer iemand van wie jy dit nie in jou wildste drome verwag nie, iets briljants doen; iets heeltemal onverwags; iets wat niemand kon voorspel nie. Stem jy saam?Toe Susan Boyle in 2009 op die verhoog van die TV-program, "Britain's Got Talent" verskyn, het die gehoor gesug en hul oë gerol. Sy het eienaardig gelyk en eintlik nogal vreemd opgetree. Toe sy vir die beoordelaars sê sy wil ’n bekende sangeres word, het mense gegiggel.Maar, my mens, toe daardie tannie haar mond oopmaak en “I Dreamed a Dream” uit Les Misérables sing, het die gehoor en die beoordelaars ‘n ander deuntjie gesing. Sy het dit soos 'n superster gesing. Die nuus van haar optrede het soos ‘n veldbrand versprei, en meer as 600 miljoen mense het reeds haar optrede op YouTube gekyk. Absoluut merkwaardig!Net so het niemand ooit verwag dat 'n uiteenlopende, ongeletterde klomp vissermanne en tollenaars veel sou bereik, nadat hulle vir drie jaar lank in die geselskap van 'n skrynwerker gesien is nie. Maar Jesus het 'n plan vir hulle gehad wat groter was as enigiets wat enigiemand ooit sou kon dink. Voordat Hy hulle 'n laaste keer uitgestuur het, het Hy vir hulle gesê:Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”Dit is presies wat gebeur het. Hulle het in die krag van die Heilige Gees uitgegaan en die Evangelie verkondig. Volgens skatting is daar agt tot tien biljoen mense in die tweeduisend jaar sedertdien, wat hul harte vir Jesus gegee het.Jy is dalk net 'n gewone, onbelangrike persoon. Miskien dink ander mense selfs dat jy 'n bietjie eienaardig is. Miskien verwag hulle nie dat jy veel in die lewe sal bereik nie.Maar hulle sal verbysterd wees wanneer die Heilige Gees oor jou kom en jou krag gee. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 6, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Handelinge1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Dit slaan my voete onder my uit wanneer iemand van wie jy dit nie in jou wildste drome verwag nie, iets briljants doen; iets heeltemal onverwags; iets wat niemand kon voorspel nie. Stem jy saam? Toe Susan Boyle in 2009 op die verhoog van die TV-program, "Britain's Got ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Krag van Bo

0:00 3:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 6, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!