Kry die Balans episode artwork

EPISODE · May 28, 2025 · 3 MIN

Kry die Balans

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPrediker 4:5 Dwase is te lui om te werk en gaan dood van die honger. Dit word deesdae in ons deurmekaar wêreld al hoe moeiliker, om 'n gelukkige werk-lewe-balans te vind. Sommige mense wil die lewe rustig neem en alles hê wat hulle oë sien en begeer, terwyl die ander spul hulself in 'n vroeë graf in werk.Daar is deesdae allerhande navorsing oor die balans tussen mense se werk en hul lewe. In een studie het ongeveer 60% van die werknemers wat wêreldwyd ondervra is, gevoel dat hulle daardie balans perfek handhaaf – wat beteken dat 40% gevoel het dat hulle nie die balans kan vind nie. Dit is interessant, maar dis nie snaaks dat die navorsing ook getoon het dat diegene wat in staat was om van die huis af te werk, beter gevaar het as diegene wat onder hoë stres in werksplekke gewerk het.Die afgelope paar dae het ons gesels oor die gevare van oorwerk en die behoefte van daardie werksverslaafdes onder ons (en ek sal ruiterlik erken dat ek 'n ‘herstellende-werksverslaafde’ is) om 'n paar diepgaande veranderinge aan te bring om hul lewens en hul gesinne te red.Maar kom ons hanteer vandag die teenoorgestelde: luiheid. Daar is ‘n menigte baie lui mense in werksplekke. Mense wat die absolute minimum sal doen, maar tog verwag om groot belonings te kry.Ons het selfs 'n term - "stille uittreding "-  geskep, om hierdie doelbewuste en sistemiese luiheid te beskryf. Dit is die proses waar werknemers hulself geleidelik van hul werk ontkoppel, eerder as om formeel te bedank en op te hou. Maar op die ou end wil hulle steeds hul groot beloning ontvang. Ons sê mos lui by die vak, maar fluks by die bak!Prediker 4:5-6. Dwase is te lui om te werk en gaan dood van die honger.Met ander woorde dis dwaas om lui te wees en hande gevou te sit en bittermin of absoluut niks te doen nie. Luiheid vreet jou op; dit hol jou uit en ontneem jou die betekenis wat jy as mens het. En net daar verdwyn die bevrediging wat jy gekry het wanneer jy jou gawes en vermoëns vir nuttige dinge gebruik het.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 28, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Prediker 4:5 Dwase is te lui om te werk en gaan dood van die honger. Dit word deesdae in ons deurmekaar wêreld al hoe moeiliker, om 'n gelukkige werk-lewe-balans te vind. Sommige mense wil die lewe rustig neem en alles hê wat hulle oë sien en begeer, terwyl die ander spul hulself in 'n vroeë graf in werk. Daar is deesdae allerhande navorsing oor die balans tussen mense se werk en hul lewe. In een studie het ongeveer 60% van die werknemers wat wêreldwyd ondervra is, gevo...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Kry die Balans

0:00 3:14

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 28, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!