Kyk Op En Sien episode artwork

EPISODE · Jan 8, 2024 · 2 MIN

Kyk Op En Sien

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilippense 3:20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Sê my, wat is die dinge wat jy werklik geniet om te doen? Jou stokperdjies, jou tydverdrywe, die dinge wat jou vreugde verskaf? Dit is lekker om net aan hulle te dink, maar in watter mate het hulle slagysters geword?Wel, dit klink nou ‘n bietjie negatief, of hoe? Hier voel ons sommer net lekker as ons dink aan die dinge wat ons graag doen, en … toe kom bederf ek alles met daardie ongerieflike vraag oor die goeie dinge in jou lewe wat jou wegtrek van die beste ding, die belangrikste ding, die een ding, wat aan die einde van jou lewe op hierdie aarde, die enigste ding sal wees wat saak maak.Miskien dink jy, "Wag 'n bietjie, het ons nie gister hieroor gepraat nie?" Ja ons het. Maar daar is meer. Daar is die realiteit dat die dinge wat onsigbaar is, baie belangriker en groter is as die dinge wat gesien kan word, want:Filippense 3:20 ... ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.My vriend as jy in Jesus glo, dan is jy bloot 'n indringer op hierdie aarde. Jou ware tuiste, net soos myne, is by Hom, en ons het die volste reg om met groot afwagting te wag vir die dag wanneer Hy óf terugkeer, óf wanneer ons huis toe gaan na Hom toe.Hoe maklik is dit tog nie om so vasgevang te raak in die dinge van hierdie wêreld, met al die genot en druk, net om die belangrikste ding van alles te mis nie? Kyk op en sien!Want ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwagDit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 8, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Filippense 3:20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Sê my, wat is die dinge wat jy werklik geniet om te doen? Jou stokperdjies, jou tydverdrywe, die dinge wat jou vreugde verskaf? Dit is lekker om net aan hulle te dink, maar in watter mate het hulle slagysters geword? Wel, dit klink nou ‘n bietjie negatief, of hoe? Hier voel ons sommer net lekker as ons dink aan die dinge wat ons graag doen, en … toe kom...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Kyk Op En Sien

0:00 2:37

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 8, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!