Laat die Lewe Begin! episode artwork

EPISODE · Mar 31, 2024 · 3 MIN

Laat die Lewe Begin!

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV) Christus het opgestaan! Hy het waarlik opgestaan! 'n Refrein van Christene deur die eeue. 'n Gejuig. Maar is dit steeds meer as tweeduisend jaar ná die gebeurtenis, vir ons belangrik?Wat, indien enigiets, beteken die opstanding van Jesus Christus vir jou? Is dit vir jou vandag, eeue nadat Jesus na bewering uit die dood opgestaan het, met alles wat in jou lewe aangaan, vir jou betekenisvol?Of is vandag vir jou, soos vir baie mense, op die ou end net ‘n gewone dag? ‘n Dag waarop jy ’n paar paaseiers vir die kinders wegsteek en 'n bietjie meer sjokolade, as wat jy moet, eet? 'n Paar dekades na daardie eerste Paassondag het die apostel Petrus – onthou jy, dieselfde een wat Jesus drie keer die nag voor sy kruisiging verloën het – aan die vervolgde Christene geskryf:1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV)Die mense wat dit die eerste keer gelees het, het moontlik gewonder wanneer die Romeine hulle sou kom teer en veer, om by een van die keiser se tuinpartytjies verbrand te word.In plaas daarvan kom Petrus en gee hulle hoop met 'n boodskap van nuwe lewe. ’n Splinternuwe lewe. Nie net met ‘n soetsappige boodskappie wat sê: "Ek hoop ons sal nie môre ly nie". In plaas daarvan, bring dit nuwe hoop, omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het.Dit maak nie saak watter teëspoed jou tref nie, daardie hoop kan nie uitgewis word nie, want Jesus het uit die graf opgestaan. Christus het opgestaan. Hy het waarlik opgestaan!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 31, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV) Christus het opgestaan! Hy het waarlik opgestaan! 'n Refrein van Christene deur die eeue. 'n Gejuig. Maar is dit steeds meer as tweeduisend jaar ná die gebeurtenis, vir ons belangrik? Wat, ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Laat die Lewe Begin!

0:00 3:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 31, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!