Laat Jesus jou Transformeer episode artwork

EPISODE · Jan 9, 2024 · 2 MIN

Laat Jesus jou Transformeer

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Ek weet nie van jou nie, maar ek vind dit moeilik om my eie diepgewortelde slegte gewoontes te verander. Trouens, as ons eerlik met onsself gaan wees, is dit byna onmoontlik.Dit laat ons voor 'n probleem te staan kom; want God se Woord is vol opdragte om 'n goeie lewe te lei. Kyk byvoorbeeld wat staan in:Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar...Jy kan nie hiermee stry nie. As jy 'n goeie lewe wil lei, as jy wil hê jou lewe moet die lig van God se liefde in hierdie wêreld laat skyn en as jy 'n getroue ambassadeur van Christus wil wees, dan moet jy natuurlik vriendelik en liefdevol teenoor diegene rondom jou wees. Natuurlik moet jy hulle vergewe, nie net een keer nie, maar oor en oor soos Jesus gesê het.Maar kom nou, wees eerlik. Wanneer iemand iets doms doen, of jou seermaak, of jou in die rug steek, of net na jou hap, vind jy dit maklik om vriendelik en liefdevol te wees? Hoe maklik is dit om hulle te vergewe?Wat ons nodig het, is motivering om in die hitte van die stryd vriendelik, liefdevol en vergewensgesind te wees. Wat ons nodig het, is die krag. Laat ek dus vir jou die hele vers gee. Let op die laaste gedeelte.Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.Ons kan nooit die omvang van wat God vir ons gedoen het, besef nie. Ons kan nie verstaan hoe Hy ons sonde kon vergewe, deur Jesus aan die kruis te laat ly vir ons sonde nie. Jesus is die rede. Hy is die krag. Laat Jesus jou transformeer.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 9, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Ek weet nie van jou nie, maar ek vind dit moeilik om my eie diepgewortelde slegte gewoontes te verander. Trouens, as ons eerlik met onsself gaan wees, is dit byna onmoontlik. Dit laat ons voor 'n probleem te staan kom; want God se Woord is vol opdragte om 'n goeie lewe te lei. Kyk byvoorbeeld wat staan in: Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teeno...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Laat Jesus jou Transformeer

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 9, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!