Leef met Koersvaste Geloof episode artwork

EPISODE · Jan 24, 2024 · 2 MIN

Leef met Koersvaste Geloof

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHabakuk 3:17,18 Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. As die lewe maar net rosegeur en maanskyn was! As dinge maar net volgens plan sou verloop sodat ons fisies, finansieel en emosioneel fiks en gesond kon wees. As dit net … maar dit is nie - sommige dae gaan dit maar bedroef. So, hoe oorleef jy daardie droewige dae?Die droewigste van droewige dae is wanneer die goeie dinge wat ons verwag, nie gebeur nie.Wie sal nou op hul sprokiesagtige, gelukkige troudag verwag dat hul huwelik net 'n paar jaar later in puin sal lê? Wie verwag dat hierdie pragtige baba wat vandag vir hulle gebore is, eendag in 'n dwelmrehabilitasieprogram sal beland? Wie verwag om op die kruin van sukses in hul loopbaan dodelik siek te word?Ons het 'n strategie nodig om deur daardie donker dae te kom. En God het 'n kragtige strategie, al druis dit heeltemal teen ons intuïsie in. Habakuk 3:17,18 Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.Wanneer dinge sleg skeefloop, kan ons kies om ‘n geloof, wat nie deur ons omstandighede bepaal word nie, in Jesus Christus uit te leef. Want te midde van teëspoed, het ons ‘n Verlosser wat gesterf het om vir ons sondes te betaal en opgestaan het om vir ons die ewige lewe te gee. En dit, dit troef enigiets en alles wat ons pad kruis.So wanneer daardie donker dae kom, kies koersvaste geloof. Kies nogtans om in die Here te jubel en te juig in God, jou Redder.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 24, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Habakuk 3:17,18 Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. As die lewe maar net rosegeur en maanskyn was! As dinge maar net volgens plan sou verloop sodat ons fisies, finansieel en emosioneel fiks en gesond kon wees. As dit n...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Leef met Koersvaste Geloof

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 24, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!