Leef met ‘n Plan en die Regte Perspektief episode artwork

EPISODE · Jan 5, 2026 · 3 MIN

Leef met ‘n Plan en die Regte Perspektief

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 90:12-15 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap Dis snaaks hoe ons vasgevang raak in die dinge van hierdie wêreld; die dinge wat vandag só baie vir ons saakmaak ... dinge wat oor vyf jaar van nou af, heeltemal irrelevant sal wees. En, weet jy, dis veral wáár wanneer ons swaarkry – dinge word vir ons belangrik. Dis wanneer ons na strooihalms gryp in die hoop dat dit die pyn sal genees en ons behoeftes sal bevredig.Jy weet hoe dit gaan. Die jaar is op pad na 'n splinternuwe begin, en jy het dalk nog steeds 'n paar verwyte oor dinge uit die verlede, wat soos ‘n donker wolk oor jou hang. Jy het jou planne vir die toekoms, jy het jou doelwitte gestel, en hier gaan ons ... ja, hier gaan ons, op pad om al ons drome te verwesenlik en om reg te maak wat ons in die verlede verbrou het.Ons het vars moed en spring in asof ons vir ewig gaan leef. Maar, my vriend, ons gaan nie! Die psalmis besef wat die belangrikste is:Psalm 90:12-15 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap.Swaar tye kom soms oor ons pad en lyding is deel van die lewe. Ons het God se wysheid nodig om oor die swaar en die seer van hierdie lewe te triomfeer. Wanneer ons vashou aan God se liefde het ons niks anders nodig om ons waarde te gee nie. Dit is fataal om bevrediging en verligting van die dinge wat ons vreugde steel, in die verganklike dinge van hierdie wêreld te soek. God, skenk ons elke dag sy liefde in oorvloed, sodat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Hy sal ons elke môre opnuut versadig met sy goedertierenheid. Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 5, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 90:12-15 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap Dis snaaks hoe ons vasgevang raak in die dinge van hierdie wêreld; die dinge wat vandag só baie vir ons saakmaak ... dinge wat oor vyf j...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Leef met ‘n Plan en die Regte Perspektief

0:00 3:04

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 5, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!