EPISODE · Nov 4, 2017 · 22 MIN
Leefwêreld van die gestremde
from Leefwêreld van die Gestremde · host RSG
Fanie du Toit praat met Yolande van der Westhuizen, 'n oudioloog. Yolande is van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Oudioloë, en waarsku die publiek om lig te loop vir gehoorapparate wat “oor die toonbank” gekoop word sonder evaluasie deur 'n oudioloog. Sy vertel ook meer oor die rol van die oudioloog by jou gehoor. En, Uit die derduisende matrieks wat nou eksamen skryf, is daar een wat elke vraestel met groot dankbaarheid aanpak. Sy is Monique Huyser, matriekleerling van die Hoërskool Brandwag op Uitenhage. Drie jaar gelede, toe die verlammende Guillain-Barre-sindroom haar só platgetrek het dat sy nie 'n spier kon verroer nie, het sy gedink matriek sou haar nooit beskore wees nie. Sy vertel vir Mariska Spoormaker hoe sy eers gedink het sy het maar net griep.
Embed this episode
NOW PLAYING
Leefwêreld van die gestremde
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.