Leer my u Pad, Here episode artwork

EPISODE · Nov 23, 2024 · 2 MIN

Leer my u Pad, Here

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 86:11 Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien. Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer, Het jy al ooit op 'n vreemde plek verdwaal? Watter kant is noord? Hierdie kaart is verouderd; die straatname het verander. Moet ek hierdie kant of daardie kant toe stap? Waar is die bushalte? Is dit ooit die regte straat? Hoe gaan ek uitkom by die plek waarheen ek moet gaan?Ja-nee, om te verdwaal is beslis nie 'n grap nie. Natuurlik is dit deesdae vir die meeste van ons baie makliker. Google Maps, Waze, of Apple Maps, verander die situasie – hulle sal jou help om by jou bestemming uit te kom.As die lewenspad maar net so eenvoudig was! Wanneer ons by vurke in ons lewenspad kom en keuses moet maak, is dit ‘n ander storie! Gaan ek hierdie of daardie kant toe? Het ek te ver gekom? Moet ek terugdraai? Soms neem ons vinnige besluite, en dit is dikwels net mog‘t treffe idees. Ander kere stel ons uit. En as dit nie vinnig uitwerk nie, gee ons moed op en draai terug.Ek dink nie dis ‘n slim manier om jou lewe te leef nie! Maar kyk wat Dawid in hierdie Psalm gevra het:Psalm 86:11 Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien. Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer,Dawid se lewe het nogal heelwat meer kinkels en draaie in gehad as wat ons s’n ooit sal hê en baie van hulle het letterlik oorlewingsbesluite vereis. Maar wie se rigting het Dawid op die ou end besluit om te volg? God s’n! Hoekom? Sodat hy die waarheid oor die lewe kan ontdek en God se leiding kan volg; sodat sy hart nie verdeeld sal wees nie, maar dat hy daarop kan fokus om God elke tree van die pad te eer. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 23, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 86:11 Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien. Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer, Het jy al ooit op 'n vreemde plek verdwaal? Watter kant is noord? Hierdie kaart is verouderd; die straatname het verander. Moet ek hierdie kant of daardie kant toe stap? Waar is die bushalte? Is dit ooit die regte straat? Hoe gaan ek uitkom by die plek waarheen ek moet gaan? Ja-nee, om te verdwaal is beslis nie 'n grap ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Leer my u Pad, Here

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 23, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!