Liefde Daag Op episode artwork

EPISODE · Nov 6, 2025 · 3 MIN

Liefde Daag Op

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Hier is vir jou 'n verstommende feit: meer as 150 miljard teksboodskappe word daagliks deur boodskapplatforms – soos SMS, Facebook, Messenger, iMessage, WhatsApp, WeChat, Telegram, Signal en dies meer, wêreldwyd gestuur. Dis 55 triljoen per jaar. Verstommend, nè! Ja, ek weet, hierdie boodskappe is wonderlike tegnologiese hulpmiddels; dis vinnig; dis gerieflik ... totdat dit dalk te vinnig en te gerieflik is...Vriende van my is onlangs met 'n lewensbedreigende situasie in hul familie gekonfronteer. Hulle het onmiddellik hulle eie kerk laat weet, sodat hulle kon bid. In reaksie hierop het hulle oor die daaropvolgende weke 'n handvol teksboodskappe ontvang, maar niemand het hulle op enige wyse bygestaan nie. Niemand het eers gebel om te gesels nie!Dit behoort jou nie te verbaas om te hoor dat hulle heeltemal verlate gevoel het deur hul sogenaamde kerkfamilie se onbetrokkenheid nie. Hoekom nie? Is dit die vlak waartoe liefde in hierdie dag en eeu afgedaal het?Kontrasteer dit nou met God se benadering tot sy liefde vir ons.Johannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.Sien jy, God het nie 'n teksboodskap gestuur nie! Hy het nie eers op die krag van Sy Woord, die Bybel, staatgemaak nie. Nee, God het sy eniggebore Seun in vlees en bloed gestuur!As daar een ding is oor die soort liefde waarvan God praat, is dat dit prakties is. Ja, my vriend, ‘n teksboodskap sonder praktiese betrokkenheid, is nie liefde nie!Wie in jou lewe het op die oomblik vir jou nodig om 'n telefoonoproep te maak; of wat van 'n koffie-afspraak; of om by hulle huis op te daag; of beter nog, by hul voordeur met 'n maaltyd in die hand op te daag?Nee, liefde skuil nie agter 'n teksboodskap nie. Liefde verskyn!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 6, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Hier is vir jou 'n verstommende feit: meer as 150 miljard teksboodskappe word daagliks deur boodskapplatforms – soos SMS, Facebook, Messenger, iMessage, WhatsApp, WeChat, Telegram, Sign...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Liefde Daag Op

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 6, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!