Liefde is … episode artwork

EPISODE · Mar 1, 2024 · 3 MIN

Liefde is …

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Korintiërs 13:4,5 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Party mense vra die vraag: "Waarom iets in ses woorde sê, as jy dit in sestig kan sê?" Ek was nog altyd geneig om dit anderste om te wil doen! ‘n Blomryke styl kan sommige mense beïndruk, maar kom ons wees eerlik, kort en kragtige woordgebruik is die meeste van die tyd baie meer effektief.Elke dag wanneer ek hierdie boodskappe voorberei, spandeer ek heelwat tyd om dit te hersien; om dit korter te maak, om die taal te vereenvoudig en om by die kern van wat God in sy Woord sê, uit te kom. Dit is nie my doel om jou met my welsprekendheid te verblind nie; ek wil net die liefde van Jesus Christus eenvoudig en duidelik met jou deel.Dis hoekom ek so lief is vir hierdie spesifieke versie uit die Bybel. Die krag in die eenvoud van min woorde, is asemrowend.1 Korintiërs 13:4,5 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.Kom ons fokus net op die eerste agt woorde. Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik.As ons net in ons lewensruimte, daardie agt woorde konsekwent saam met al God se kinders, dwarsoor die wêreld, uitgeleef het, sou die wêreld radikaal anders gelyk het, nè?‘n Rukkie gelede het ek eendag ervaar hoe dinge my van alle kante aangeval het. Ek was onder groot druk en ek het opgemerk dat ek ongeduldig begin raak het. Ek het gestop, diep asemgehaal en toegelaat dat die Here my diep in my hart aan daardie agt woorde herinner. Dit het my houding en my optrede onmiddellik verander.Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik. Dit is agt kragtige lewensveranderende, wêreld-transformerende woorde. Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelikDit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 1, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 13:4,5 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Party mense vra die vraag: "Waarom iets in ses woorde sê, as jy dit in sestig kan sê?" Ek was nog altyd geneig om dit anderste om te wil doen! ‘n Blomryke styl kan sommige mense beïndruk, maar kom ons wees eerlik, k...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Liefde is …

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 1, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!