Lig Verbreek die Duisternis episode artwork

EPISODE · Dec 25, 2025 · 3 MIN

Lig Verbreek die Duisternis

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 2:11,12 Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Dis Kersdag. Maar eerder as om jou 'n Gelukkige Kersfees toe te wens, is my gebed; my hoop vir jou, dat jy en jou geliefdes 'n waarlik geseënde Kersfees sal hê.Is dit nie wonderlik dat ons vandag 'n gebeurtenis kan herdenk wat meer as 2 000 jaar gelede in 'n obskure hoek van die wêreld plaasgevind het nie. Die geboorte van 'n kindjie in die nederigste omstandighede; iets wat normaalweg ongemerk sou verbygegaan het en in die mis van die geskiedenis verlore sou geraak het.Lukas 2:11,12 ...Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.”Dit was die boodskap wat die engele aan die eenvoudige herders vertel het terwyl hulle daardie nag hul kuddes opgepas het. Dit was 'n dag soos elke ander, totdat dit alles verander het! Die Verlosser is daardie dag stilweg, maar triomfantlik gebore.Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!My vriend, in hierdie wêreld vol geraas, pyn, onsekerheid, arriveer God se Antwoord nie met ‘n groot trompetgeskal nie, maar in nederigheid. Die Ewige Hoop van hierdie wêreld word nie in 'n paleis gebore nie, maar in 'n stal.Vandag is 'n spesiale dag. 'n Dag vir ons om te juig. 'n Dag vir ons om in dankbaarheid te herdenk. Maar onthou, dit het as 'n dag soos enige ander begin. Maak hierdie Kersfees vandag ‘n besondere dag; vier dit as die dag wat ons Heiland na hierdie wêreld gekom het. God se plan is nie altyd maklik nie, maar dis altyd goed. God is goed ... en Hy is jou God. Hy het vir jóú na hierdie aarde gekom.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Ons dierbare Vader, mag U ons op hierdie dag ryklik seën met u Teenwoordigheid in Jesus Christus. Dankie Jesus, dat U ons Immanuel is. Dankie Here, dat U na hierdie deurmekaar wêreld gekom het om een van ons te word. Dankie ons dierbare Here, dat U verstaan wat ons beleef en dat U ten spyte van ons swakhede, vir ons van ons sonde kom red het. Mag ons elke dag u Teenwoordigheid en u vrede in ons lewens beleef. Aan U al die eer. U alleen is God. Amen. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 25, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 2:11,12 Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” Dis Kersdag. Maar eerder as om jou 'n Gelukkige Kersfees toe te wens, is my gebed; my hoop vir jou, dat jy en jou geliefdes 'n waarlik geseënde Kersfees sal hê. Is dit nie wonderlik dat ons vandag 'n gebeurtenis kan herdenk wat meer as 2 000 jaar gelede in 'n obskure h...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Lig Verbreek die Duisternis

0:00 3:17

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 25, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!