Loof Hom episode artwork

EPISODE · Jul 7, 2024 · 3 MIN

Loof Hom

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 150:1-6 1 Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! Prys Hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! Prys Hom met simbale, prys Hom met galmende simbale! Laat alles wat asemhaal, die Here prys. Prys die Here! Kan ek jou vra, wanneer laas het jy God geprys? En kan jy onthou hoe jy dit gedoen het? Hoe het jy Hom geprys? Dit is nogal ‘n goeie vraag om onsself op 'n Sondag, wanneer Christene regoor die wêreld tradisioneel in eredienste bymekaarkom, af te vra. Hoe gereeld was jy al in 'n diens waar jy een of ander lof- of aanbiddingslied gesing het, en in plaas daarvan om op God te fokus, het jy jou gedagtes toegelaat om te dwaal? En toe het een of ander gesin laat opgedaag. So onder die sing van daardie gewyde woorde van lof, het jou kop gedraai, jou oë afgedwaal, en jy het by jouself gedink, daardie mense is altyd laat. Wat is hulle storie?! Dan moet jy jouself afvra, loof jy werklik, waarlik die God wat sy Seun gestuur het om jou te red? Was jy regtig opreg in jou lofsang tot die Here? Hier is die laaste Psalm in die Bybel.Psalm 150:1-6 Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! Prys Hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! Prys Hom met simbale, prys Hom met galmende simbale! Laat alles wat asemhaal, die Here prys. Prys die Here!Terwyl ek oor hierdie psalm nadink, voel ek die psalmdigter se genot, sy passie en sy entoesiasme aan. Dis wat ek ervaar wanneer hy sy lof uitspreek. Is dit hoe jy God loof? Weet jy, ek is redelik seker dat Hy nie so baie omgee of jy nou regtig op die noot sing of nie. Wat vir Hom belangrik is, is wat in jou hart besig is om te gebeur.Laat alles wat asemhaal, die Here prys. Prys die Here!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 7, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 150:1-6 1 Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! Prys Hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! Prys Hom met simbale, prys Hom met galmende simbale! Laat alles wat asemhaal, die Here prys. Prys die Here! Kan ek jou vra, wanneer laas het jy God geprys? En kan jy onthou ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Loof Hom

0:00 3:15

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 7, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!