Loop Lig vir Aanlynslenters en Kuberkrakers! episode artwork

EPISODE · Sep 15, 2025 · 3 MIN

Loop Lig vir Aanlynslenters en Kuberkrakers!

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGenesis 3:4,5 Julle sal nie sterf nie!” sê die slang. “God weet dat julle oë sal oopgaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God wees en weet van goed en kwaad.” (NLV) Nie een van ons van hou daarvan om mislei, bedrieg of gekul te word nie. Dis aaklig, nè? Tog, volgens die Global Anti-Scam Alliance, het kuberkrakers en bedrieërs verlede jaar wêreldwyd meer as een triljoen Amerikaanse dollar van gewone mense, soos ek en jy, gesteel. Nouja, as jy sukkel om daardie bedrag te begryp, kan ek die begrip vir jou prakties maak deur te sê dat as jy tot een triljoen wil tel; een sekonde op 'n slag – een, twee, drie, vier – sonder etes en ruspouses tussen-in … dit jou net minder as 32 duisend jaar sal neem. Ja, my vriend, kuberbedrog is groot besigheid met verskriklike gevolge. Sommige mense het selfs ál hul lewenslange spaargeld deur hierdie gewetenlose misdadigers verloor. Maar weet jy, daar is een misdadiger wat nog meer geslepe is. Hy is besig om nie net jou spaargeldjies te steel nie, maar jou lewe ook. Kom kyk weer na Adam en Eva, die eerste mense waarvan ons in die Bybel leer. Hulle het 'n wonderlike lewe in die Tuin van Eden gehad, waar hulle kon eet van enige vrugte wat hul harte begeer. Daar was egter net één reël van God... dat hulle nie van die boom in die middel van die Tuin se vrugte mag eet nie – dis reg! Dis die Boom van die Kennis van Goed en Kwaad. Maar toe kom die bedrieër... Genesis 3:4,5  Julle sal nie sterf nie!” sê die slang. “God weet dat julle oë sal oopgaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God wees en weet van goed en kwaad.” (NLV) Elke bedrieër het 'n hoek aan die punt van sy lyn met ‘n netjiese stukkie aas, in die vorm van 'n aantreklike voorstel om jou in te katrol. Die duiwel se taktiek is om jou met lokaas, wat spesiaal vir jou gemaak is, uit te lok. Moenie byt nie, want uiteindelik sal dit jou jou lewe kos. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 15, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Genesis 3:4,5 Julle sal nie sterf nie!” sê die slang. “God weet dat julle oë sal oopgaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God wees en weet van goed en kwaad.” (NLV) Nie een van ons van hou daarvan om mislei, bedrieg of gekul te word nie. Dis aaklig, nè? Tog, volgens die Global Anti-Scam Alliance, het kuberkrakers en bedrieërs verlede jaar wêreldwyd meer as een triljoen Amerikaanse dollar van gewone mense, soos ek en jy, gesteel. Nouja, as jy sukk...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Loop Lig vir Aanlynslenters en Kuberkrakers!

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 15, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!