Loop op die Regte Pad episode artwork

EPISODE · May 10, 2024 · 3 MIN

Loop op die Regte Pad

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 12:28 Op die weg van geregtigheid is daar lewe, maar die pad van hulle wat 'n wrok koester, lei na die dood. Die lewensreis het baie kinkels en draaie, en baie vurke in die pad. Jy kan ongetwyfeld terugkyk en sien hoe 'n onbeduidende klein besluitjie om hierdie kant toe te loop, in plaas van daardie kant toe, die loop van jou lewe heeltemal verander het.Baie jare gelede, toe ek nog ’n nuwe Christen was, het ek op ’n taamlik onindrukwekkende kerkgeboutjie afgekom. Ek het besluit om 'n kans te waag en om in te gaan. Ja, en so ek het die volgende Sondag weer teruggegaan en die diens bygewoon.Vir my kritiese oë en harde hart was die binnekant van die kerk net so onindrukwekkend soos die buitekant. Maar weet jy, deur die wonderlike mense daar binne, het God my hele lewe verander. Een Sondagoggend het ek by die kerkdeur ’n brosjure van ’n plaaslike Bybelkollege opgetel. Ek het sommer, sonder deeglike oorweging, soos nuwe Christene dikwels doen, ‘n besluit geneem: Ek het in my ywer om Jesus te volg, ingeskryf vir ’n Baccalaureus graad in die Bediening.En hier is ek en jy, al die jare later saam – ek het die voorreg om die Goeie Nuus van Jesus met jou te deel. Kyk nou net! Twee onbenullige besluite. Groot gevolge.Ek het daardie besluit op die ingewing van die oomblik geneem. Ek het dit instinktief geneem. Maar hoe kies jy? Hoe moet jy die regte pad kies wanneer jy by 'n vurk in die pad kom, soos jy beslis sal kom?Spreuke 12:28 Op die weg van geregtigheid is daar lewe, maar die pad van hulle wat 'n wrok koester, lei na die dood.Kies altyd die pad van geregtigheid. Hoe meer jy Jesus volg, hoe meer instinktief word die geregtigheid deel van jou. Om Jesus te volg, is soos in-diens-opleiding wat jou leer hoe goedheid en geregtigheid lyk.Kies die pad van geregtigheid. Dit is waar die ware lewe is. Dit is hoe jy vir ewig sal lewe.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 10, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 12:28 Op die weg van geregtigheid is daar lewe, maar die pad van hulle wat 'n wrok koester, lei na die dood. Die lewensreis het baie kinkels en draaie, en baie vurke in die pad. Jy kan ongetwyfeld terugkyk en sien hoe 'n onbeduidende klein besluitjie om hierdie kant toe te loop, in plaas van daardie kant toe, die loop van jou lewe heeltemal verander het. Baie jare gelede, toe ek nog ’n nuwe Christen was, het ek op ’n taamlik onindrukwekkende kerkgeboutjie afg...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Loop op die Regte Pad

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 10, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!