Los die Verlede Nou Uit! episode artwork

EPISODE · Jan 1, 2026 · 3 MIN

Los die Verlede Nou Uit!

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 43:18-19  Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Wel, hier is ons. Ek bid vir jou 'n gelukkige en geseënde nuwe jaar toe. Maar voordat ons hierdie nuwe jaar met entoesiasme, afwagting en met geesdrif tegemoet kan gaan, moet ons die spyt en verwyte van die verlede laat vaar. Ons moet dit doen!In die vroeë 20ste-eeu in Sjina, het die Keiserin-weduwee, Longyu, geabdikeer. Sy was die laaste Sjinese koninklike en dit het die keiserlike heerskappy van meer as tweeduisend jaar tot ‘n einde gebring. Haar abdikasie as regent was polities die korrekte ding om te doen vir vrede in Sjina, maar sy het nooit van haar persoonlike verlies van status herstel nie. Vasgevang in die Verbode Stad, het sy haar van mense onttrek; aan haar rituele vasgeklou en oor haar verlore grootsheid getreur.Haar verlies het haar vernietig. Sy was op die ou end totaal vereensaam en gebroke en is net maande nadat sy geabdikeer het, oorlede. Hier was 'n dinamiese vrou wat 'n nuwe rol en 'n nuwe toekoms vir haar land kon gee, maar sy het eerder gekies om haarself in die verlede te begrawe.Weet jy, spyt kom nie ooglopend nader gehardloop nie, dit sluip saggies nader! En as jy te lank na jou eie stem van verwyt luister, sal dit jou in 'n paleis sonder deure toesluit.Jesaja 43:18-19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.Geen hoeveelheid spyt kan verander wat in die verlede gebeur het nie. Dit sal net jou hede vernietig en jou van jou toekoms beroof. Ja, dit sal jou beroof van die lewe van oorvloed wat Jesus vir jou kom gee het.Dis 'n nuwe jaar. God doen iets nuuts! Jy weet dat dit waar is.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 1, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 43:18-19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Wel, hier is ons. Ek bid vir jou 'n gelukkige en geseënde nuwe jaar toe. Maar voordat ons hierdie nuwe jaar met entoesiasme, afwagting en met geesdrif tegemoet kan gaan, moet ons die spyt en verwyte van die...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Los die Verlede Nou Uit!

0:00 3:13

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 1, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!