Los Jou Dwaasheid episode artwork

EPISODE · Jan 20, 2024 · 2 MIN

Los Jou Dwaasheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailTitus 3:3,4 Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat. Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn. Nie een van ons hou daarvan om aan onsself as dwaas te dink nie en tog het ons almal al in ons lewens dwase dinge aangevang. En sonder uitsondering het ons daardie dinge gedoen deur ons eie sondige begeertes eerste te stel, alhoewel ons geweet het dis verkeerd. Ja, dit is ‘n beproefde resep vir dwaasheid.Dit is goed om vriendelik te wees, maar soms haat jy. Dit is goed om te vergewe, maar jy kan vir jare lank ’n wrok dra. Dit is goed om eerlik te wees … maar wanneer die kassier by die betaalpunt vir jou te veel kleingeld gee, is dit maklik om dit net in jou sak te steek en uit te stap.Maar ons weet tog dat ons sonde dwase gedrag is, want op die ou end sal ek en jy aan God rekenskap moet gee daarvoor. Dwaasheid inderdaad!Titus 3:3,4 Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat. Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn.Iets kragtigs gebeur wanneer die goedheid en die liefde van God tot ons harte deurdring. In die volgende paar verse word ons vertel hoe ons sonde afgewas is; nie op grond van iets wat ons vir ons gedoen het nie, maar op grond van Jesus Christus, ons Verlosser, se genade. Hy maak ons nuut deur die Heilige Gees op ons uit te stort. En hierdie genadige, reddende werk van God is die enigste teenmiddel teen die dwaasheid waarin ons so maklik vasgegryp word. Mag hierdie genadegawe gee dat jy ook jou dwaasheid aflê.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 20, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Titus 3:3,4 Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat. Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn. Nie een van ons hou daarvan om aan onsself as dwaas te dink nie en tog het ons almal al in ons lewens dwase dinge aangevang. En sonder uitsondering het ons daardie dinge...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Los Jou Dwaasheid

0:00 2:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 20, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!