Lyding teenoor Beloning episode artwork

EPISODE · Jun 19, 2026 · 3 MIN

Lyding teenoor Beloning

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 6:22-23 Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens. Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel. Hulle voorvaders het immers met die profete net so gemaak. Die mens wat in Jesus Christus glo, sal in 'n mindere of meerdere mate op een of ander manier lyding ervaar. Vir sommige van ons mag dit bloot minagting of bespotting behels, maar vir baie ander het dit deur die eeue hulle lewens gekos.Anne Askew, ‘n jong Engelse Protestantse prediker, digter en hervormer, is in die 16de eeu as ‘n ketter beskou. Sy is gearresteer, gemartel en op die brandstapel verbrand, omdat sy die Rooms Katolieke geloof verwerp het. Sy het geweier om Jesus te verloën en haar geloof te versaak. Sy het dapper en baie duidelik, en selfs met humor, haar saak gestel. Sy het, ten spyte van die wrede marteling, getuig van haar vreugde in Christus en haar sekerheid van 'n hemelse beloning.Ooggetuies het vertel dat sy op die brandstapel hardop gebid en die Skrif aangehaal het, totdat haar stem deur die vlamme stilgemaak is. Sy het geleef - en gesterf - met die onwrikbare versekering dat God se belofte meer betekenis het as enige aardse lyding. Jesus het vir sy volgelinge gesê:Lukas 6:22-23 Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens. Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel. Hulle voorvaders het immers met die profete net so gemaak.Oor die afgelope paar dae het ons gesels oor vreeslose geloof en dapper vertroue. Te veel Christene het vandag skaam geword vir hulle geloof en uit vrees vir verwyte, hulle lig onder 'n maatemmer begin wegsteek.Waarom noem Jesus ons, te midde van vervolging, geseënd? Ja, onthou dat, selfs wanneer die wêreld se magte mekaar aan die brand steek en uitmekaar skiet; is daar geen vuur op aarde wat die beloning wat op jou wag, kan wegbrand nie; so Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 19, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 6:22-23 Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens. Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel. Hulle voorvaders het immers met die profete net so gemaak. Die mens wat in Jesus Christus glo, sal in 'n mindere of meerdere mate op een of ander manier lyding ervaar. Vir sommige van ons mag dit...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Lyding teenoor Beloning

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 19, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!