EPISODE · May 6, 2026 · 3 MIN
Mei Nuusbrief 1
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan MailGoeiemôre aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir Mei.Sit jou pantoffels diep onder jou bed, sodat wanneer jy opstaan, jy op jou knieë moet gaan om hulle te kry – en terwyl jy daar is, sê dankie". Denzel Washington.Dit is altyd so lekker om met jou te gesels. Dankie dat jy deel van ons VARS-gemeenskap is. Jou ondersteuning beteken vir ons so baie. In een van ons volgende boodskappe van Berni, noem hy die naam van Denzel Washington en dit het my geïnspireer om iets meer oor hom met jou te deel. Denzel Hayes Washington, Jr. is in 1954 in New York gebore. Reeds as kind was die Here sy anker. As jongman is daar oor hom geprofeteer dat hy eendag voor miljoene mense sou "preek" – en vandag gebruik hy sy toneelspel as daardie platform. Na skool wou hy eers joernalistiek studeer, maar hy het sy passie vir toneelspel ontdek toe hy aan studenteproduksies deelgeneem het. Vandag is hy nie net ’n bekroonde akteur nie, maar ook ’n man wat sy geloof as sy lewenspad kies.In ’n bedryf waar materialisme en die soeke na roem dikwels die septer swaai, het Denzel Washington uitgestaan as ’n uitsonderlike voorbeeld van standvastigheid. Vir Washington is sy geloof nie ’n stokperdjie nie, maar die fondament waarop sy hele lewe gebou is. Denzel se lewe getuig van Christelike waardes met ‘n klem op nederigheid en diensbaarheid. Hy sê gereeld dat talent ’n geskenk van God is en nie iets wat hy uit eie krag bereik het nie. Hy het in 'n onlangse onderhoud oor sy Oscars en oor rykdom gesê: · Die mens gee die toekenning. God gee die beloning. Op my laaste dag sal die Oscars my niks baat nie, en· Jy sal nooit ’n sleepwa agter ’n lykwa sien nie,"Al is hy so suksesvol, erken hy dat hy al "gevaarlik naby" aan wêreldse versoekings gekom het, maar dat God se genade hom elke keer bewaar het. Hy kies om Jesus voluit te volg en moedig ander aan om ook hierdie geestelike anker te vind.Denzel beskou Suid-Afrika as ’n plek van geestelike hernuwing, wat verduidelik waarom hy en sy vrou, Pauletta, juis hierheen gekom het om hul huweliksherdenking saam met aartsbiskop Tutu te vier.Hy bly ’n baken van hoop vir enigiemand wat poog om hul geloof met integriteit in die sekulêre wêreld uit te leef.Hier is ‘n gedagte vir die pad:Hou op soek na bevestiging in 'n wêreld wat sy eie Skepper gekruisig het.o Jy het seker agtergekom dat jy ook na die Nuusbrief kan luister by die skakel op hierdie e-pos!o Baie dankie vir al die positiewe kommentaar op die dagstukkies. Ek wil jou ook graag daaraan herinner dat ons daagliks op potgooi beskikbaar is. Wanneer dit (bitter selde) gebeur dat jou e-pos-boodskap die dag nie afgelewer is nie, kan jy gerus na die potgooi weergawe gaan.Ons wil jou weer uitdaag om ernstig te oorweeg om by ons getroue donateurs aan te sluit deur finansieel by te dra tot die Suid-Afrikaanse bediening van Christianityworks.Mag jy ‘n wonderlike week hê waarin jy die Here se beskerming en vrede beleef.Seënwense en mooi loop Van Jokkie, Annelie en die VARS-span Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
NOW PLAYING
Mei Nuusbrief 1
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
Mar 3, 2026 ·44m
Feb 21, 2026 ·30m
Dec 17, 2025 ·30m
Dec 11, 2025 ·26m
Dec 11, 2025 ·29m
Dec 11, 2025 ·33m