Mei Nuusbrief 2 episode artwork

EPISODE · May 20, 2026 · 3 MIN

Mei Nuusbrief 2

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGoeiemôre aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Mei.  Indien jy dalk nog gewonder het; die winter is hier! Wat ‘n wonderlike tyd van die jaar is dit nie! Die lang stil koue aande herinner my so baie aan die woorde van N.P. Van Wyk Louw: O Heer, laat hierdie dae heilig word: Laat alles val wat pronk en sieraad was. In 1993, tydens die Heidelberg Taverne-aanval in Kaapstad, het die 23-jarige Lyndi Fourie haar lewe verloor. Jare later het haar ma, Ginn Fourie, die dapper besluit geneem om Letlapa Mphahlele, die bevelvoerder tydens die aanval, te ontmoet. Ten spyte van ondenkbare hartseer, het Ginn vergifnis bo bitterheid gekies nadat sy oor Jesus se woorde in Matteus 6:14 nagedink het:Want as julle ander se oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.   Deur die krag van die Heilige Gees het 'n merkwaardige verhaal van versoening ontvou. Vandag reis Ginn en Letlapa saam en deel 'n boodskap van genesing, vrede en vergifnis dwarsdeur Suid-Afrika. ‘n Getuienis soos hierdie herinner ons waarom die verkondiging van die Evangelie vandag nog so belangrik in ons land is. In 'n wêreld vol verdeeldheid, pyn en onsekerheid, bring die versoeningsboodskap van Jesus, genesing van harte, en herstel van verhoudings. Deur FRESH of te wel VARS, en ons radiovennote dwarsdeur Suid-Afrika, word mense elke dag, dikwels op plekke wat 'n kerk dalk nooit sal bereik nie, aan Bybelwaarhede blootgestel en bemoedig.  Plaaslik het KG, ons nuut aangestelde Hoof in Suid-Afrika, onlangs die radiostasie, Radio Khwezi, wat daagliks Fresh-Zulu uitsaai, besoek. Hy het die stasiebestuurder, Daniel Wunderlich, ontmoet om die vennootskap te versterk wat daarop fokus om meer Zoeloe-sprekende luisteraars met Bybel-gesentreerde inhoud te bereik en te dissipel. KG het weer bevestig dat: “Radio 'n betroubare bron van waarheid in die gemeenskap is. Dít wat uitgesaai word, vorm persepsies en oortuigings en is deel van die daaglikse lewe.”  Dankie dat jy Christianityworks Suid-Afrika met jou gebede, aanmoediging en vrygewigheid ondersteun. Jou bydrae help ons om die lewensveranderende boodskap van Jesus oor ons hele streek te versprei.Onthou:Vergifnis is ‘n geskenk aan jouself; dis ‘n besluit - nie ‘n emosie nie.Seënwense en mooi loop. Van Jokkie, Annelie en die VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Send us Fan Mail Goeiemôre aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Mei. Indien jy dalk nog gewonder het; die winter is hier! Wat ‘n wonderlike tyd van die jaar is dit nie! Die lang stil koue aande herinner my so baie aan die woorde van N.P. Van Wyk Louw: O Heer, laat hierdie dae heilig word: Laat alles val wat pronk en sieraad was. In 1993, tydens die Heidelberg Taverne-aanval in Kaapstad, het die 23-jarige Lyn...

NOW PLAYING

Mei Nuusbrief 2

0:00 3:19

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

HOMELAND HOMELAND The Church is a body not a building. It's the bride of Jesus Christ! Jesus is coming back for a mature bride. That means it's time for the church of Jesus Christ to move from milk to meat. This is the hour of maturity!HOMELAND is an announcement that the church is being set free. Only the church has the ability to transform the world. The kingdom's of this world will become the kingdoms of our Lord and Savior!All of creation has been waiting for this moment! Sons and daughters of God are rising up and taking their seat! The Field Priest Methodius Chwastek The Field is a place of cultivation and of battle. In the Church, we learn to cultivate a life pleasing to God. This life is shaped in the spiritual battle. This series examines, chapter by chapter, the Christian classic The Field, by Saint Ignatius Brianchaninov. Please join me as I explain this great work in terms the modern Orthodox Christian can understand.  Sermons | Countryside Bible Church Countryside Bible Church At Countryside Bible Church, we equip believers to joyfully live holy lives, to serve one another, and to share the gospel of Jesus Christ, all to the glory of God. We are committed to a high view of God, and a high view of Scripture. Tweens and Dreams Anna B 💕 Hi! I’m Anna, a 12 year old in seventh grade! I’m a theater kid! (HAMILTON IS GOD!!) I post about a variety of things; some of these things include journaling, TV shows/movies, music, shopping, theater, books, etc. If you have any episode requests please comment and I will do my best to do them! If you have any movie, TV show, book, or music recommendations I would love to hear them so please comment!! I’m always looking for more TV shows, movies, books, and music artists to watch/read/listen to! But anyways, I hope you enjoy listening 💕💕

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 20, 2026.

What is this episode about?

Send us Fan MailGoeiemôre aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Mei.  Indien jy dalk nog gewonder het; die winter is hier! Wat ‘n wonderlike tyd van die jaar is dit nie! Die lang stil koue aande...

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes, you can download this episode by clicking the download button on the episode player, or subscribe to the podcast in your preferred podcast app for automatic downloads.
URL copied to clipboard!