Met ‘n Stralende Gesig episode artwork

EPISODE · Jun 29, 2025 · 3 MIN

Met ‘n Stralende Gesig

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 34:5-8 Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie. Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered. Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle. Sommige mense is emosioneel meer veerkragtig as ander. Ja, ek stem saam, jou agtergrond en jou "persoonlikheidstipe" gaan in 'n groot mate ‘n invloed daarop hê. Maar tog moet ons elkeen speel met die kaarte speel wat ons kry. So, hoe kan jy meer veerkragtig word?  Hoe kan jy aanpas en herstel van moeilike of uitdagende situasies?In die jaar 155 na Christus is Polycarp, die Biskop van Smirna, (wat geleë is in wat vandag as Izmir in Turkye bekendstaan) gearresteer, omdat hy geweier het om die Romeinse Keiser te aanbid.Toe hy beveel is om sy geloof te verloën, het hy hierdie beroemde woorde met ‘n stralende gesig, dapper en blymoedig uitgeroep: Ses-en-tagtig jaar het ek Hom gedien, en Hy het my geen kwaad aangedoen nie. Hoe kan ek my Koning en Verlosser belaster?Ten spyte van baie dreigemente het Polycarp onwankelbaar gebly. Hy is gevonnis om op die brandstapel te sterf. In ‘n wonderwerk het die vlamme ‘n groot boog rondom hom gevorm, maar hom nie verteer nie. Hy is toe uiteindelik met ‘n dolk doodgemaak. Sy dood was traumaties en hopelik is dit nie iets wat ek of jy ooit in die gesig sal moet staar nie. Meer as 'n duisend jaar voor dit, het koning Dawid getuig van God se getrouheid:Psalm 34:8 Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie. Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered. Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle.Te midde van sy verskriklike probleme het Dawid na God geroep, en God vertrou. En die resultaat? Te midde van al die gevare was hy nie skaam of bang nie ... hy was stralend. Dit is hoe jy veerkragtigheid omhels en jou eie maak.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 29, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 34:5-8 Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie. Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered. Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle. Sommige mense is emosioneel meer veerkragtig as ander. Ja, ek stem saam, ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Met ‘n Stralende Gesig

0:00 3:20

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 29, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!