Mik Na Die Hemel episode artwork

EPISODE · Apr 10, 2026 · 2 MIN

Mik Na Die Hemel

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. My vriend, beleef jy steeds die krag, die vreugde, die ontsag en die wonder van wat met Jesus se Dood en Opstanding gebeur het? Of het dit, toe jy teruggeval het in jou daaglikse roetine, amper verdwyn?Daardie onvermydelike sleurwerkies steel ons vasberadenheid om by die dinge wat werklik saak maak, uit te kom. Die dringende vervang die belangrike.In die middel van die 19de eeu het Heinrich Schliemann as ‘n arm vakleerling in ‘n kruidenierswinkel in Duitsland gewerk. Hy het sedert hy 7 jaar oud was daarvan gedroom om antieke Troje te verken. Hy het later 'n welgestelde sakeman geword en baie hard gewerk om geld te maak. Dekades het verbygegaan. Alhoewel hy ryk was, het hy onvervuld gevoel. Hy was vasgevang in ‘n stelsel waar hy geglo het geld sal geluk bring.Later jare, het hy uiteindelik sy besigheid laat vaar om sy droom te verwesentlik. Met sy opgrawings het hy die terrein van Troje ontdek. Schliemann het erken dat sy liefde vir geld hom amper sy ware roeping gekos het. Dit wys jou net hoe die geldgod hom vir jare gevange gehou het.Dit is net so maklik vir ons om vas te val in aardse denke, waar jou hele lewe om geld draai, sodat jy die hemelse rykdom van God se goedheid en genade uit die oog verloor.Efesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het..C.S. Lewis het dit so gestel: Mik na die hemel en jy sal die aarde daarby kry; mik na die aarde en jy sal nie een van die twee kry nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 10, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Efesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. My vriend, beleef jy steeds die krag, die vreugde, die ontsag en die wonder van wat met Jesus se Dood en Opstanding gebeur het? Of het dit, toe jy teruggeval het in jou daaglikse roetine, amper verdwyn?...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Mik Na Die Hemel

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 10, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!