Moeilike Vrae episode artwork

EPISODE · Feb 20, 2024 · 2 MIN

Moeilike Vrae

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 71:20,21 U het diep nood oor my laat kom, maar U herstel my weer tot lewe. Uit die diep waters van die aarde, uit die doderyk rig U my weer op. U sal my in eer herstel en weereens my vertrooster wees. (NLV) Wonder jy ooit watter rol God daarin gespeel het wanneer probleme oor jou pad kom? Het Hy per ongeluk daardie probleem misgekyk, of was dit al die tyd deel van sy plan? En indien wel, hoekom het Hy dit laat gebeur?Ek het myself al dikwels daardie vrae afgevra, want wanneer probleme oor jou toesak, vind jy hoe jy struikel, val en allerhande dinge begin wonder … ag, wat is nou besig om te gebeur? So jy vra dan vir jouself die moeilike vrae.Gister het ons gesels oor die feit dat God so baie kere dwarsdeur die Bybel van sy nimmereindigende getrouheid en standvastige liefde praat. Hoekom? Omdat dit tyd en eerstehandse ervaring neem vir die werklikheid van sy getrouheid en liefde om deel te word van wie ons is. Ons sal uiteindelik wanneer ons die dag in die moeilikheid is, vrede hê, as ons glo dat Hy ons nooit in die steek sal laat nie en dat Hy ons nooit alleen sal laat nie.En dit klink asof God se voortdurende vormingsproses, waarskynlik in die psalmis se hart aan die gang was, toe Hy vir God gesê het in:Psalm 71:20,21 U het diep nood oor my laat kom, maar U herstel my weer tot lewe. Uit die diep waters van die aarde, uit die doderyk rig U my weer op. U sal my in eer herstel en weereens my vertrooster wees.Hy weet dat God soewerein oor sy probleme en moeilike tye is. Hy erken dat God probleme toegelaat het om te ontstaan. Maar te midde van hulle, het hy die vertroue om te weet dat God hom sal herstel; die vertroue om vir Hom te sê ... U het baie krisisse oor my gebring, maar U het my elke keer gered. U het my elke keer uit die kloue van die dood kom haal. U sal my nuwe lewe gee; U sal my help om nog groter dinge te doen. U sal my weer troos! Laat God toe om, wanneer jy onder probleme gebuk gaan, jou te leer om op Hom te vertrou. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 20, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 71:20,21 U het diep nood oor my laat kom, maar U herstel my weer tot lewe. Uit die diep waters van die aarde, uit die doderyk rig U my weer op. U sal my in eer herstel en weereens my vertrooster wees. (NLV) Wonder jy ooit watter rol God daarin gespeel het wanneer probleme oor jou pad kom? Het Hy per ongeluk daardie probleem misgekyk, of was dit al die tyd deel van sy plan? En indien wel, hoekom het Hy dit laat gebeur? Ek het myself al dikwels daardie vrae afgevra...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moeilike Vrae

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 20, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!