Moenie Aanstoot Neem Nie episode artwork

EPISODE · May 28, 2024 · 3 MIN

Moenie Aanstoot Neem Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGalasiërs 6:2,3 Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. (NLV) Wanneer iemand verkeerd teenoor jou optree, is dit so maklik om aanstoot te neem. Trouens, in 'n wêreld wat al hoe meer oorheers word deur 'n gevoel van selfgeregtigheid, word die neiging om aanstoot te neem, ‘n outomatiese reaksie.Maar laat ons net ‘n bietjie stilstaan en aan die kere wat ons ons sleg gedra het, dink. Wat het veroorsaak dat ons so opgetree het? Wel, dit kan een van talle dinge wees. Miskien het ‘n situasie 'n ou wond uit die verlede oopgekrap, 'n sensitiewe plek in ons harte aangeraak of miskien selfs 'n litteken?Of dalk het ons onder die druk, waaronder ons so dikwels verkeer, geknak. Of dalk is dit die feit dat ons onvolmaakte mense is wat foute maak.En daardie redes geld nie net vir jou en my nie, maar ook vir diegene rondom ons, wat van tyd tot tyd verkeerd optree. Daardie outomatiese reaksie om aanstoot te neem lyk al hoe minder geregverdig, of hoe? Miskien is daar 'n ander manier.Galasiërs 6:2,3 Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. (NLV)Ons kan dus aanstoot neem, of ons kan die mense wat ons te nakom met hul probleme help. Ons kan hulle help om hulle snellers, hulle gevoel van minderwaardigheid en hulle mislukkings te hanteer, deur nie te oordeel nie, maar om empatie te hê.Die meeste mense is nie slegte mense nie. Hulle slegte gedrag word altyd deur iets anders veroorsaak. Hoe hanteer ons so ‘n situasie? Word ons hooghartig en veroordeel hulle of neem ons aanstoot? Dis tog onaanvaarbaar. . .Soos iemand eenkeer gesê het: jy hoef nie met kwaadwilligheid en met voorbedagte rade te beplan om mense seer te maak nie. Die afwesigheid van empatie en begrip is meer as voldoende om dit reg te kry!Help hulle met hul probleme. As jy dink jy is te belangrik om dit te doen, flous jy net jouself.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 28, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Galasiërs 6:2,3 Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. (NLV) Wanneer iemand verkeerd teenoor jou optree, is dit so maklik om aanstoot te neem. Trouens, in 'n wêreld wat al hoe meer oorheers word deur 'n gevoel van selfgeregtigheid, word die neiging om aanstoot te neem, ‘n outomatiese reaksie. Maar laat ons net ‘n bietjie stilstaan ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie Aanstoot Neem Nie

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 28, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!