Moenie Alles Glo Wat jy Hoor Nie episode artwork

EPISODE · Jun 12, 2026 · 2 MIN

Moenie Alles Glo Wat jy Hoor Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 29:2 As ’n gelowige die mag oorneem, juig die mense. As slegte mense aan bewind kom, kla die volk. (DB) Dis deesdae moeilik om te weet watter nuus om te glo, nie waar nie? Baie van die inhoud van die media, wat voorheen hoofsaaklik betroubare joernalistiek weerspieël het, het in opruiende propaganda verval. Om dit net erger te maak, word ons gebombardeer deur die sosiale media-algoritmes wat baie mense in ‘n draaikolk van samesweringsteorieë intrek.Tydens die Rwandese volksmoord van 1994 het die media 'n verwoestende rol gespeel in die aanhitsing en versterking van die geweld. Die staatsgesteunde radio, televisie en gedrukte media het haatpropaganda uitgesaai en gedruk. Tutsi's is as "kakkerlakke" bestempel en daar is openlik gesê hulle moet vernietig word.Daardeur is aanvalle gekoördineer, wegkruipplekke onthul en gewone burgers aangemoedig om die vyand dood te maak. Eerder as om inligting te gee, het die media aktief volksmoord aangevuur en woorde in wapens omskep. Mense het die media geglo en daarop gereageer. Dit het byna 'n miljoen lewens in net 100 dae gekos. Dit is wat gebeur wanneer die skrikwekkende krag van propaganda sonder morele beperking gebruik word. Drie millennia gelede het Salomo die volgende geskryf:Spreuke 29:2 As ’n gelowige die mag oorneem, juig die mense. As slegte mense aan bewind kom, kla die volk. (DB)Daar word gesê dat die mense gewoonlik die regerings kry wat hulle verdien. Ek weet nie, maar watter regeringstelsel jy ook al onder leef, wees versigtig; wees baie versigtig oor wie jy ondersteun; wat jy kies om te glo, of te verwerp; en wat jy kies om te sê.Wat is ons plig? Ons werk is om die regverdiges te help om gesag te kry sodat die mense bly kan wees ... nie om blindelings die propaganda wat ons nuus en sosiale media vir ons opdis, te glo en na te boots nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 12, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 29:2 As ’n gelowige die mag oorneem, juig die mense. As slegte mense aan bewind kom, kla die volk. (DB) Dis deesdae moeilik om te weet watter nuus om te glo, nie waar nie? Baie van die inhoud van die media, wat voorheen hoofsaaklik betroubare joernalistiek weerspieël het, het in opruiende propaganda verval. Om dit net erger te maak, word ons gebombardeer deur die sosiale media-algoritmes wat baie mense in ‘n draaikolk van samesweringsteorieë intrek. Tydens die R...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie Alles Glo Wat jy Hoor Nie

0:00 2:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 12, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!