Moenie Bang Wees om Oor te Begin Nie episode artwork

EPISODE · Feb 6, 2026 · 3 MIN

Moenie Bang Wees om Oor te Begin Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 21:17  Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?”Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.”Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei. Ek weet nie van jou nie, maar ek haat dit om foute te maak; want wanneer jy voor almal ‘n gek van jouself gemaak het, is dit moeilik om oor die verleentheid en die pyn te kom en om dan weer van vooraf te begin. Moet ek enigsins die moeite doen om te probeer om óór te begin?Anna Atkins, ‘n Engelse plantkundige en fotograaf, het aanvanklik in wetenskaplike kringe, wat deur mans oorheers was, geen erkenning vir haar werk gekry nie. As vrou is haar vroeë pogings om botaniese illustrasies te publiseer oor die hoof gesien. Maar eerder as om moed op te gee, het sy stilweg haar benadering verander.Sy het ‘n eksperimentele fotografiese proses begin gebruik om foto’s oor plante te dokumenteer. In 1843 het sy die heel eerste boek in die geskiedenis wat met fotografiese beelde geïllustreer is, gepubliseer. Haar werk word nou as baanbrekerswerk in beide wetenskap en kuns beskou. Atkins se bereidwilligheid om van vooraf met 'n nuwe medium te begin, het haar ‘onsuksesvolle loopbaan’ in 'n blywende nalatenskap verander.Petrus het Jesus drie keer in sy donkerste uur verloën en Hom alleen gelaat om gekruisig te word. Kan jy dink hoe Jesus moes gevoel het, toe Petrus Hom gefaal het? Tog, ná die opstanding:Johannes 21:17 Jesus vra hom die derde keer: "Simon seun van Johannes, het jy My lief?"Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: "Het jy My lief?", en hy antwoord Hom: "Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet."Hy sê toe vir hom: "Laat my skape wei.Jesus ontmoet Petrus, Hy vergewe hom en gee hom weer ‘n kans deur vir hom ‘n baie belangrike opdrag te gee. Hierna was Petrus sterker en nederiger as ooit voorheen. God verwyt ons nie omdat ons verbrou het en weer van voor af moet begin nie – trouens, Hy verlustig Hom daarin om vir ons nuutheid uit gebrokenheid te bring. 'n Vernuwing is in  werklikheid sy verlossing in aksie.Moenie bang wees om van voor af te begin nie, want God se genade is meer as genoeg.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 6, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 21:17 Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei. Ek weet nie van jou nie, maar ek haat dit om foute te maak; want wanneer jy voor almal ‘n gek van jouself gemaak het, is dit moeilik om oor die verleentheid en die pyn te kom en om dan ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie Bang Wees om Oor te Begin Nie

0:00 3:22

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 6, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!