Moenie Bekommerd Wees Nie episode artwork

EPISODE · Feb 9, 2024 · 2 MIN

Moenie Bekommerd Wees Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Kronieke 7:13,14 As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. Op hierdie oomblik behoort alles wat tot op hierdie stadium in jou lewe gebeur het, tot die verlede. Jy kan nooit daarna teruggaan nie, maar jy kan toelaat dat dit by jou spook. Ongelukkig gebeur dit met baie mense! Ek weet nie of jy al ooit so daaroor gedink het nie, maar om jou oor die verlede te verkies, is ‘n vrugtelose vermorsing van energie en tyd. Daar is nie 'n enkele ding wat in die verlede gebeur het, wat jy kan verander nie.Dan is daar diegene wat hulle nie oor die verlede nie, maar oor hul toekoms bekommer. En of jou bekommernis oor die verlede, die hede of die toekoms is, dit lê jou uiteindelik lam. Dit keer jou om dié dinge wat jy moet doen, te doen. Ja, dit verhoed dat jy die oorvloedige lewe, wat Jesus vir jou kom gee het, ervaar. Nouja, wat is die antwoord?2 Kronieke 7: 13,14 As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.Dis reg. God laat verseker teëspoed in ons lewens oor ons kom. En wat moet ons daaraan doen? Ons moet bid en vir die Here vra wat sy wil is en wat Hy vir ons in hierdie situasie wil leer. Maar dan moet ons ophou met ons sonde (want teëspoed is dikwels 'n gevolg van ons eie sonde).‘n Wyse persoon het eenkeer gesê: bekommernis is 'n gesprek wat jy met jouself voer oor dinge wat jy nie kan verander nie. Gebed is 'n gesprek wat jy met God voer oor dinge wat net Hy kan verander.Verneder jouself, bely jou sonde en bid. En draai weg van jou goddelose weë. God sal jou hoor.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 9, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Kronieke 7:13,14 As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. Op hierdie oomblik behoort alles wat tot op hierdie stadium in jou lewe gebeur het, tot die verlede. Jy kan nooi...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie Bekommerd Wees Nie

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 9, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!