Moenie die Duiwel Vatkans Gee Nie episode artwork

EPISODE · Mar 4, 2024 · 2 MIN

Moenie die Duiwel Vatkans Gee Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 4:26,27 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie. Ek is seker jy het opgemerk dat mense deesdae baie kwaad in hulle ronddra. Ja, ek weet, daar is inderdaad genoeg dinge in die wêreld aan die gang om ‘n mens die hele tyd kwaad te maak: mense, politiek, omstandighede, houdings, noem maar op.Woede kom dikwels na vore wanneer ons onder druk is. Iemand kyk jou net skeef aan, en dan byt jy sy kop af. Natuurlik is woede soms geregverdig. Jy is sekerlik tog daarop geregtig om kwaad te word wanneer iemand leuens oor jou vertel? Verseker!Ja, en ons weet dat selfs God uiteindelik kwaad word, al is Hy genadig en stadig om kwaad te word. Maar daar is twee dinge wat ons in ons woede doen, wat ons nooit moet doen nie.Efesiërs 4:26,27 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie.Wanneer ons nie ons woede beheer nie, laat die duiwel ons eerstens sondig deur beheer te verloor; om wraak te neem; om iemand in gelyke munt te wil terugbetaal of om af te daal tot die vlak van dié een wat dit in die eerste plek veroorsaak het.Die tweede ding wat die duiwel doen, is om vir die res van die dag daardie swart wolk oor ons te laat hang. En die tragiese ding is dat daardie onweerswolk van onvergewensgesindheid by sommige mense, tot 'n wortel van bitterheid ontwikkel ... en hulle vir die res van hul lewens treiter! Maak dit ooit sin? Nee. Jou onvergewensgesindheid maak daardie persoon wat jy weier om te vergewe, moontlik die mees invloedryke persoon in jou lewe. Is dit slim?!Meer nog: dit maak die deur vir die duiwel wawyd oop om jou lewe te verniel en jou afwaarts te laat tol. Hierso is ‘n woord van waarskuwing: Moenie deur jou woede vir die duiwel 'n vatkans gee nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Send us Fan Mail Efesiërs 4:26,27 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie. Ek is seker jy het opgemerk dat mense deesdae baie kwaad in hulle ronddra. Ja, ek weet, daar is inderdaad genoeg dinge in die wêreld aan die gang om ‘n mens die hele tyd kwaad te maak: mense, politiek, omstandighede, houdings, noem maar op. Woede kom dikwels na vore wanneer ons onder druk is. Iemand kyk jou net skeef aan, en dan byt jy sy ko...

NOW PLAYING

Moenie die Duiwel Vatkans Gee Nie

0:00 2:53

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

HOMELAND HOMELAND The Church is a body not a building. It's the bride of Jesus Christ! Jesus is coming back for a mature bride. That means it's time for the church of Jesus Christ to move from milk to meat. This is the hour of maturity!HOMELAND is an announcement that the church is being set free. Only the church has the ability to transform the world. The kingdom's of this world will become the kingdoms of our Lord and Savior!All of creation has been waiting for this moment! Sons and daughters of God are rising up and taking their seat! The Field Priest Methodius Chwastek The Field is a place of cultivation and of battle. In the Church, we learn to cultivate a life pleasing to God. This life is shaped in the spiritual battle. This series examines, chapter by chapter, the Christian classic The Field, by Saint Ignatius Brianchaninov. Please join me as I explain this great work in terms the modern Orthodox Christian can understand.  Sermons | Countryside Bible Church Countryside Bible Church At Countryside Bible Church, we equip believers to joyfully live holy lives, to serve one another, and to share the gospel of Jesus Christ, all to the glory of God. We are committed to a high view of God, and a high view of Scripture. Tweens and Dreams Anna B 💕 Hi! I’m Anna, a 12 year old in seventh grade! I’m a theater kid! (HAMILTON IS GOD!!) I post about a variety of things; some of these things include journaling, TV shows/movies, music, shopping, theater, books, etc. If you have any episode requests please comment and I will do my best to do them! If you have any movie, TV show, book, or music recommendations I would love to hear them so please comment!! I’m always looking for more TV shows, movies, books, and music artists to watch/read/listen to! But anyways, I hope you enjoy listening 💕💕

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 4, 2024.

What is this episode about?

Send us Fan MailEfesiërs 4:26,27 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie. Ek is seker jy het opgemerk dat mense deesdae baie kwaad in hulle ronddra. Ja, ek weet, daar is inderdaad...

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes, you can download this episode by clicking the download button on the episode player, or subscribe to the podcast in your preferred podcast app for automatic downloads.
URL copied to clipboard!