Moenie die Gedruis Volg Nie episode artwork

EPISODE · Feb 12, 2026 · 3 MIN

Moenie die Gedruis Volg Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGalasiërs 1:10 Hoe klink dit vir julle? Wil ek in mense se goeie boekies kom? Of wil ek God tevrede stel? Probeer ek mense gelukkig maak? As ek nog steeds mense gelukkig wil maak, is ek nie ’n dienskneg van Christus nie. (NLV) Ek dink nie daar is een van ons wat nie goeie verhoudings begeer nie. Dit behels in ‘n mate om aan ander mense se verwagtinge te voldoen, wat tot 'n sekere punt goed is. Maar wanneer ons dinge bloot doen om mense tevrede te probeer stel, word die lewe inderdaad ellendig. Mense is wispelturig. Jy kan eenvoudig nie ten alle tye mense tevrede stel nie. In 19de-eeu in Amerika was ‘n vrou veronderstel om slegs ‘n besadigde huisvrou en moeder te wees. Harriet Beecher Stowe het aanvanklik by die prentjie ingepas. Sy was die tipiese stil, pligsgetroue vrou, moeder en dogter van ‘n pastoor, wat streng binne die sosiale reëls van die tyd opgetree het, veral wanneer dit by politieke of morele twispunte gekom het. Harriet het aan die begin veilige literatuur geskryf en konfrontasie vermy, veral oor verdelende kwessies soos slawerny. Maar toe die Wet Amerikaners gedwing het om ontsnapte slawe na hul eienaars terug te stuur, kon sy nie meer stilbly nie. Sy het ‘n kontroversiële boek: Uncle Tom’s Cabin geskryf. Dit was 'n boek wat 'n nasie geskud en dwarsdeur die wêreld mense wat slawerny wou beëindig, opgesweep het. Harriet het die geskiedenis verander, omdat sy haar nie daaraan gesteur het om mense tevrede te stel, of om die sosiale standaarde van haar tyd te handhaaf nie. Het die behoefte om ander mense tevrede te stel jou in die verlede al stilgemaak; jou aan onregverdige reëls laat onderwerp; of jou gekeer om die waarheid te praat? Die apostel Paulus skryf in: Galasiërs 1:10 Hoe klink dit vir julle? Wil ek in mense se goeie boekies kom? Of wil ek God tevrede stel? Probeer ek mense gelukkig maak? As ek nog steeds mense gelukkig wil maak, is ek nie ’n dienskneg van Christus nie. (NLV) Paulus trek hier 'n streep: die opinies van mense wat God se roeping op jou lewe teenstaan of verkeerd verstaan, maak nie regtig saak nie. Wat saak maak, is God se goedkeuring, en die ondersteuning van diegene wat jou werklik liefhet en in die Gees wandel. Dink hieraan: Die mense wat aanstoot neem, maak nie saak nie en die mense wat saakmaak, neem nie aanstoot nie. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 12, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Galasiërs 1:10 Hoe klink dit vir julle? Wil ek in mense se goeie boekies kom? Of wil ek God tevrede stel? Probeer ek mense gelukkig maak? As ek nog steeds mense gelukkig wil maak, is ek nie ’n dienskneg van Christus nie. (NLV) Ek dink nie daar is een van ons wat nie goeie verhoudings begeer nie. Dit behels in ‘n mate om aan ander mense se verwagtinge te voldoen, wat tot 'n sekere punt goed is. Maar wanneer ons dinge bloot doen om mense tevrede te probeer stel, word die ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie die Gedruis Volg Nie

0:00 3:20

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 12, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!