Moenie die Probleem Voos Dink Nie episode artwork

EPISODE · Aug 9, 2026 · 3 MIN

Moenie die Probleem Voos Dink Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus 5:7 Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Stres. Druk. Spertye. Rekeninge. Kinders. Verhoudings. Gesondheid. Party dae voel dit of jy die hele wêreld op jou skouers dra. En dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, die vrag word net al hoe swaarder.Lê jy ook soms snags wakker en laat dieselfde probleem soos ‘n wysie, oor en oor in jou kop afspeel? Jy dink deur elke scenario, elke "wat as", en steeds … verander niks nie. Dis omdat jy niks bereik wanneer jy iets voos dink nie. Jy los nie jou probleme op nie. Dit steel net jou vrede.’n Sielkundige het hierdie proses waar jy iets toelaat om in jou te maal, met ’n wiegstoel vergelyk. Dit gee jou iets om te doen, maar dit bring jou nêrens nie. Dis presies hoe bekommernis is. Dit vreet jou energie op en steel jou vreugde, maar dit láát jou op dieselfde plek: vasgeval.So, wat is die antwoord? Hoe kom jy hierdeur?1 Petrus 5:7 Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.Jy hoef nie die gewig van daardie konstante ‘geestelike toertjies’ te dra nie. Jy hoef jouself nie geestelik uit te put deur aan te hou om, soos ’n stukkende plaat, in dieselfde sirkels om-en-om te draai nie; maar in plaas daarvan kan jy dit oorgee - alles oorgee - aan die Een wat reeds weet hoe dit gaan eindig.En hier is die verskil: wanneer jy bid en jou vrese by God los, stap vrede by die deur in. Want jy probeer nie meer om môre se probleme in jou eie kop op te los nie. Jy vertrou dié God wat môre in sy hande hou.Jesus het die swaarste vrag van almal aan die kruis gedra: jou en my sonde. As Hy dít kon dra, kan Hy dít wat jy nou ervaar, ook dra. Jou stres. Jou vrees. Jou slapelose nagte. Hou op om in sirkels te loop. Bid. Gee dit aan Hom oor. En rus.Want dié God wat jou liefhet, is nie net in staat om jou laste te dra nie - Hy wíl dit doen. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 9, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus 5:7 Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Stres. Druk. Spertye. Rekeninge. Kinders. Verhoudings. Gesondheid. Party dae voel dit of jy die hele wêreld op jou skouers dra. En dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, die vrag word net al hoe swaarder. Lê jy ook soms snags wakker en laat dieselfde probleem soos ‘n wysie, oor en oor in jou kop afspeel? Jy dink deur elke scenario, elke "wat as", en steeds … verander niks nie. Dis omdat jy niks...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Moenie die Probleem Voos Dink Nie

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 9, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!