Moenie die Rooi Vlag Ignoreer nie episode artwork

EPISODE · May 5, 2024 · 3 MIN

Moenie die Rooi Vlag Ignoreer nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMatteus 10:16 “Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe. Ek dink ons sal saamstem dat dit 'n voortreflike eienskap is om die goeie in ander mense raak te sien, hul potensiaal te waardeer en om hulle so 'n bietjie genadig te wees wanneer hulle foutjies begaan - nie waar nie? Die gevaar is egter dat jy dit te ver kan voer en dat dit tot langtermyn skade en ongelukkigheid kan lei.Kom ons kyk na hierdie scenario: man ontmoet meisie. Hulle raak verlief. Hy vra die jawoord. Sy aanvaar… ten spyte van die feit dat sy so ‘n effense ongemaklikheid in haar binneste voel en diep in haar hart ervaar dat iets dalk nie heeltemal pluis is nie. . . Maar hulle is verlief. Sy gaan hom beslis nog verander. Hulle trou … en binne ses maande ontdek sy dat sy met 'n vrouslaner getroud is. Die hartverskeurende waarheid is dat nie almal dié mense is, wat hulle voorgee om te wees nie. Nou ja, dit is wonderlik om altyd na die mooi en goeie in ander mense te soek. Dit is 'n uitdrukking van God se karakter; van sy liefde. Maar daardie liefde moet met wysheid gepaard gaan. Jesus het dit so aan sy dissipels gestel in:Matteus 10:16 “Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.Hy het hulle daardie waarskuwing gegee voordat Hy hulle onder 'n godsdienstige nasie, God se eie volk, uitgestuur het om sy goeie nuus te verkondig. Daardie mense sou tog sekerlik die dissipels met ope arms ontvang het? Maar Jesus het vooraf geweet dat hulle nie sou nie.Let op die skerp kontras in daardie waarskuwing: wees wys soos slange (met ander woorde sien mense vir wie hulle werklik is) en onskuldig soos duiwe (liefdevol, sagmoedig, sonder om hulle te oordeel). Soos iemand eenkeer gesê het … as jy die rooi vlae ignoreer omdat jy die goeie in mense wil raaksien, sal dit jou duur te staan kom.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 5, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Matteus 10:16 “Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe. Ek dink ons sal saamstem dat dit 'n voortreflike eienskap is om die goeie in ander mense raak te sien, hul potensiaal te waardeer en om hulle so 'n bietjie genadig te wees wanneer hulle foutjies begaan - nie waar nie? Die gevaar is egter dat jy dit te ver kan voer en dat dit tot langtermyn skade en ongelukkigheid kan lei. Kom ons kyk na hierdie scenar...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Moenie die Rooi Vlag Ignoreer nie

0:00 3:16

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 5, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!